Groenvyetert

Verhit 1 blikkie onversoete melk.
Klits 2 eiergele by en laat 1 minuut kook.
Week ½ dessertlepel gelatien in 2 eetlepels water en voeg by melk.
As dit begin stol voeg by:
¼ koppie neute en ½ koppie groenvyekonfyt (klein gesny)
Klop dan 2 eierwitte styf met 2 eetlepels suiker en voeg by mengsel.
Sit in gaar kors.

Die tekens van die tye

Lees nou die dag iewers raak dat rekenaar gebruikers nie meer deeltekens , kappies of breuke gebruik nie.

Het ‘n rukkie daaroor gedink en besluit dat dit Windows se skuld is of oorgemaklike mense

Museumstukke soos ek wat in die tyd van DOS 3.0 begin het , het nog Ansi of Askey aangeleer

hou Alt sleutel in en tik jou 3 syferkode vir die spesiale karakter

é = 130     ê = 136     ë = 137     è = 138     ö = 148     ½ = 171     ¼ = 172     ±= 241     ¾= 243

Okkie = 79 107 107 105 101

 

Die groot regruk deel een

Studeerkamer se gelamineerde vloer kon die verkeer nie hanteer nie en het begin uitmekaarval. Het die hout uitgehaal en met teels vervang

Slaapkamer 1 se mat was gedaan en het ook skade gehad van die warmwater tenk wat ingegee het het mat laat verwyder en met teels vervang

Stort se buitemuur verf het kronies afgedop omdat binnekant nie meer waterdig was nie. Teels is afgekap mure is oorgepleister en waterdig gemaak. Stort is weer geteel met waterdigte gom en breivulling.

Volgende gaan ek die ander twee slaapkamers se matte vervang, die stort se buitemure afkrap,behandel en oorverf

Kan iemand vir myt sê wat my besiel het om hiermee te begin?

Laaste uitbreiding handsentrale in SA

In die Mier are in die noord kaap was daar baie ontwikkeling en vraag na telefoon lyne maar die ou magneto sentrale kon nie meer kliente hanteer nie. Omdat daar geen vooruitsigte was dat die plekke in die nabye toekoms sou outomatiseer nie het die Areabestuurder besluit om die ou nommer asseblief (magneto) sentrale uit te brei. Daari skakelborde bekom op plekke waar hul as stategiese voorraad gehou is. Die voerroet is omgeskakel na ‘n SOR18 en hy verdeel tussen die borde as 16 inkomende/uitgaande lyne plus ‘n noodverbinding. die voorafvervaardigde gebou is opgesit en sy dak is beskerm met ‘n 100% skadunet. Sonselle en ‘n windlaaier is opgesit en die batterybank is uitgebrei on 24 uur te kan hou.

Die gemeenskap was baie dankbaar en natuurlik moes ons daar wees vir die inwyding

Weens die Grrot sfstand het ons bersluit om na Mier te vlieg

Die ses sitplek Cessna wat ek Mier Airways gedoop het

Mier_airways

Ons het uit Kimberley gevlieg en toe ons naby Mier kom die mense laat weet sodat hulle die bokke van die aanloopbaan kon afjaag om landing moontlik te maak

Veilig geland en geparkeer by Mier

mier_lughawe2

Ons het gearriveer

miera.jpeg

Blik op Mier se hoofstraat van die sentrale af

Mier_GT

Die nodige toesprake is gehou

mierb.jpeg

Ons elkeen het ‘n blikbekertjie sand gekry om is ons skoene te strooi sodat ons weer sou kom

Lekker braai is gehou na die amptelike aanskakel en ons het Via Upington teruggevlieg