Beskuitjie fudge

Bestanddele

1 x 200g marie beskuitjies/tennis beskuitjies in stukkies gebreek
1 x 250g margarien
1 eier
Sif saam:
75ml kakao
500g versiersuiker
1 handvol amandels
1 dop kahlua

Metode
Smelt margarien. Voeg kakao en versiersuiker by. Roer. Klits eier baie vinnig by.
Haal van stoof af. Roer Kahlua by. Voeg koekies en amandels by. Laat stol ‘n rukkie in yskas. Rol in rolletjies waspapier. Laat stol. Sny in skyfies en bedien saam met koffie.
Hou in yskas.

Black Label hoender

40 ml olyfolie
1 pak hoenderstukke met 4 boudjies en 4 dye
6 klein piekeluitjies, gehalveer
2 knoffelhuisies, fyngekap
3 aartappels, geskil en in kwarte gesny
3 wortels, in skywe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper 2 lourierblare
1 bottel (340 ml) bier

Verhit oond tot 180 °C.
Verhit olyfolie in diep oondpan. Braai die hoenderstukke tot mooi bruin. Haal hoender uit pan en hou eenkant. Braai uie en knoffel in dieselfde pan vir sowat 10 minute. Pak hoender terug in pan saam met aartappels en wortels.

Geur met sout en peper. Voeg lourierblare en bier by. Maak toe met deksel en oondbraai sowat 1½ uur.

=============================================================================

Wenk
Moenie die gereg roer nie – die hoender sal uitmekaar val.

Appeltert

Bestanddele
1 koppie bruismeel
2 eiers
1 blik tertappels (normale grootte)
knippie sout
1 koppie suiker
2 eetlepels gesmelte botter
¼ koppie melk

oond op 180ºC

Metode
Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam. Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel. Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel. Bak in oond op 180ºC vir ¾ uur. (na ‘n halfuur kan die oondtemperatuur na 150ºC verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word)

Bestanddele Sous
1 klein blik ingedampte melk
1 teelepel vanilla
1 koppie suiker

Metode
Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.

================================================

‘n knypie pypkaneel in die beslag kan die smaak verbeter. Vir die skinderlief buurtannie klop jy room styf en versier die tert met puntjies uit die versierbuis

Amerikaanse potting soil tert

Bestanddele
4 x bokse swart Oreo koekies
2 x bakkies maaskaas
4 x koppies melk
2 x pakkies kitspoeding (vanilla)
Metode
Rasper met grof kant al die Oreo koekies. Meng kitspoeding met melk en voeg maaskaas by. Vat ‘n diep glasbak en pak ‘n laag gerasperde koekies en dan helfte van die poeding mengsel. Maak sulke lae en heel laaste, gooi van die Oreo koekies op. Die hele geheim van dit, is die rasper van die koekies en dit moet swart oreo koekies wees.

Ter ere van die half dood slagoffertjie wat die DBV kom haal het

In ancient times cats were worshipped as gods; they have not forgotten this. Terry Pratchett
Cats are connoisseurs of comfort. James Herriot
There’s no need for a piece of sculpture in a home that has a cat. Wesley Bates
Authors like cats because they are such quiet, lovable, wise creatures, and cats like authors for the same reasons. Robertson Davies
If you are worthy of its affection, a cat will be your friend, but never your slave. Theophile Gautier
The ideal of calm exists in a sitting cat. Jules Renard
The mathematical probability of a common cat doing exactly as it pleases is the one scientific absolute in the world. Lynn M. Osband
A cat will do what it wants when it wants, and there’s not a thing you can do about it. Frank Perkins
A meow massages the heart. Stuart McMillan

===================================================================================================

Waarom honde reken alle katte is mal.

Hulle knor as hulle gelukkig en tevrede is en waai hul sterte as hul kwaad of ontevrede is!!

MAKLIKE PIESANG BROOD RESEP

Bestanddele
4 ryp piesangs ½ k margarien
½ t koeksoda ½ k melk
1 t vanilla 2 k meel
– 2 eiers 1 k suiker
– 1 ¼ t bakpoeier

Metode
Meng alle bestanddele, behalwe die koeksoda, piesangs en melk bymekaar.
Maak die koeksoda aan met die melk en voeg by ander, reeds gemengde bestandele.
Voeg die piesangs by en bak vir 1 uur op 180 °C (350 °F)

========================================================

Hierdie een is so maklik dat ek ho sommer twee keer doen en dan helfte vries vir daardie onverwagte besoeker

Grenadella-Kaaskoek in Blouberg

1DSCF0013

 

Grenadella-Kaaskoek
Bestanddele
200 g ricotta
500 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
200 g strooisuiker
15ml suurlemoensap
100ml grenadellamoes
Metode
Voororverhit oond op 160 grade C
Spuit ‘n ronde 20cm tertbak met kleefvrye kossproei. Sit die kaas, eiers, strooisuiker en suurlemoensap in ‘n voetselverwerker en pols tot die mengsel glad is. Oppas dat jy dit nie te veel meng nie. Gooi die mengsel in die bereide tertbak en bak dit in ‘n voorverhitte oond vir sowat 35 – 40 minute, of tot dit gestol het. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel
Smeer die grenadellamoes bo-oor die kaaskoek sodra dit afgekoel het. Verkoel in die yskas tot etenstyd.

==================

Genoeg om die gewigkykers in gillende vrees te lat spaander

DUIWELSRIB

Varkribbetjies 1 eetlepel marmite

5 eetlepels suiker 1 eetlepel mielieblom

2 eetlepels asyn 2 teelepels gemaalde gemmer

1 huisie gekapte knoffel

Kook ribbetjies stadig in ‘n bietjie water totdat die bene uitgetrek kan word. Laat die vleis afkoel sodat jy dit kan hanteer en sny dan in vierkante. Meng res van die bestanddele en doop vleisvierkante daarin. Rooster oor warm kole vir 8-10 minute. Bestryk weer met marinade en draai vleis om. Rooster vir die dieselfde tydperk en bedien wanneer gaar. Dit kan warm of koud bedien word. Die oorblywende sous word ook bedien. Stukkies vleis kan daarin gedoop word soos ‘n doopsous.