Ontslaan of ontsnap

Ek is weer terug agter die rekenaar.

Dankie aan almal wat goeie wense gestuur het. Dit is sulke tyd wat mens besef dat die Net baie soos die samelewing is. Jy ontmoet & bou kenisse. Hulle word maats en vriende. Voor jy dit besef is jou lewe baie ryker gemaak.

funny medical cartoon medicine medicare tortoise herpetology biology nature scinece politics healthcare old age disease doctor sick sickness physician doctors office entitlement 1705

Droomtert

Bestandele

1 blikkie Kondensmelk                                 125 ml Suurlemoensap

100g pakkie glanskersies opgesny            1 pak Malvalekkers opgesny

250g gladde maaskaas                                1 blikkie fyn pynappel crush

250ml room                                                 1 pakkie tennisbekuitjies

x-tra room

Metode

Meng die kondensmelk en die suurlemoensap. Voeg die glanskersies(hou ‘n paar eenkant vir versiering), malvalekkers, maaskaas en pynappel by. Klits die room styf en vou by die mengsel in. Pak die beskuitjies in ‘n glasbak en giet die mengsel bo-oor. Versier met die orige glanskersies en ekstra geklitste room, indien verkies. Verkoel ‘n paar uur voor gebruik

Horspitaal alweer

Ek gaan terug hospitaal toe en die slag gaan hulle die dooie weefsel onder narkose van my been verwyder .  Ek is nou al so g@tvol vir die gesukkel dat ek enigiets sal probeer.

“Debridement is the medical removal of dead, damaged, or infected tissue to improve the healing potential of the remaining healthy tissue. Removal may be surgical, mechanical, chemical, autolytic (self-digestion), and by maggot therapy, where certain species of live maggots selectively eat only necrotic tissue.

Surgical debridement

Sharp surgical debridement and laser debridement under anesthesia are the fastest methods of debridement. They are very selective, meaning that the person performing the debridement has complete control over which tissue is removed and which is left behind. Surgical debridement can be performed in the operating room or bedside, depending on the extent of the necrotic material. This method works best on wounds with a large amount of necrotic tissue in conjunction with infected tissue in the wound”

WILDSVLEISHAPPIES

Genoeg vir 6 persone

Bestanddele
1 pakkie filodeeg                              100 g botter (gesmelt)
500 g wildsvleis                                2 ml swartpeper
15 ml olyfolie                                    5 ml kerriepoeier
5 ml komynpoeier                            2 ml sout
4 kardamomhuisies se saadjies      6 murgpampoentjies, in repies gesny
250 ml kookwater                            250 ml witasyn
80 ml suiker                                     5 ml mosterdsade
5 ml vinkelsade                               Sout en peper na smaak
200 ml mikroblare                          100 ml Dewfresh suurroom
5 basiliekruidblare, fyn gekap        8 grasuie, fyn gekap
6 gedroogte appelkose, (gekook in 100 ml water, 100 ml rooiwyn en 80 ml suiker)

Metode:
Marineer die wildsvleis in die olie, kerrie, komyn, en kardamom. Meng die basiliekruid en grasuie in die room en los in die yskas.

Vir die ingelegte murgpampoentjies:
Meng die water, asyn, suiker, mosterdsade en vinkel sowel as ongeveer 2 ml sout en peper saam. Gooi die murgpampoentjies in en los vir ten minste ‘n uur. Gooi die asyn/water mengsel uit voordat jy dit bedien.

Sny die filodeeg in reghoeke en smeer botter tussen elke laag. Sit 3 lae bo-op mekaar en vorm om die onderkant van ‘n kolwyntjiepan. Sit ‘n ramekinbakkie bo-op en bak teen 180 grade vir 10 minute.

Gooi die vleis nou in ‘n warm pan en braai in die botter na smaak. (mediumgaar vir ons op stel) Gooi sout oor en meng.

Om die mandjies op te stel, skep van die murgpampoentjies onder in die filodeegmandjies, gevolg deur suurroom, appelkose, vleis en mikroblare.

Selulitus

Bakteriese vel infeksie

So neem vroulief my doktor toe met ‘n effens geswelde regter onderbeen wat vir my baie soos sonbrand voel.

Nodeloos is ek van die doktor af reguit hospitaal toe gestuur wat dadelik met antibiotiese geveg begin.

Cellulitis is a bacterial infection of the deeper layers of the skin, the dermis and the subcutaneous tissue. In adults and children, cellulitis is most often caused byStreptococcus and Staphylococcus Aureus bacteria. Sometimes Haemophilus influenzaetype B can cause cellulitis in children younger than 3, but this has become less common since we’ve been vaccinating against this bacteria. Knowing the type of bacteria that commonly cause cellulitis helps doctors determine the best antibiotic to treat the infection.

Van die been se oorsprongklike vel is amper niks oor oor nie en hy is omtrent 2% dunner as die ander een.

Emmersvol goeters het uit die been gedreineer. Tans is die laaste antibiotika nou op en ek sal more hoor wat die doktertjie te sê het

Sjokolade rumtruffels

Bestandele

100g bitter sjokolade  (of bruin sjokolade)

60 ml botter (of margerien)

12,5 ml rum (of koffielikeur of sjokoladelikeur)

2 eiergele

30 gram gemaalde amandels

30 gram Romany Cream krummels (of mariebeskuitjie of koek)

230 g versiersuiker

Drinksjokolade (nie kakao nie) om balletjies in te rol

Metode

Breek die sjokolade in blokkies en smelt saam met botter oor kookwater of 70% krag in mikrogolf todat die sjokolade geselt is (roer gereeld)

Voeg die rum en die eiergele by en meng goed

Voeg die amandels by en krummels by en meng weer goed

Sif die versiersuiker by en meng weer

Keuse 1

Skep in voorafbereide sjokolade doppies of gebruik grootbek versierbuis

Gooi gesmelte skokolade oor vir boompies

Verkoel tot nodig

Keuse 2

Laat omtrent ‘n uur op ‘n koel plek staan

Rol dan in klein bolletjies (omtent 35) en rol elke bolletjie in drinksjokolade

Verkoel tot nodig