Koffie kaaskoek

Bestanddele

Kors
330 g bros beskuitjies of marie bekuitjies gekrummel
55 g botter gesmelt
30 ml koffielikeur

Vulsel
3 houers (250 of 230 g) roomkaas
1 houer mascarpone kaas
200 ml suiker
30 ml koffielikeur
10 ml koffiepoeier
3 groot eiers
60 ml koekmeel

Bolaag
250 ml donkersjokolade (cooking chocolate werk beste)
80 ml room
30 ml sterk koffie

Metode
Voorverhit oond tot 180 C en plaas pan met water onder in oond.
Smeer 22cm veerklamp pan

Kors
Meng krummels, gesmelte botter en roer likeur by.
Druk uit op boom van gesmeerde pan

Vulsel
Meng die roomkaas, mascarpone en suiker tot baie glad.
Meng die likeur en koffiepoeier en meng by
Voeg eiers en meel by en roer tot goed gemeng

Giet mengsel in voorbereide pan op die kors
Bak 40 minute. Maak oonddeur oop en laat 20 minute afkoel
Haal uit oond en laat afkoel tot kamertemperatuur
Plaas minstens 3 uur in yskas voor bolaag opkom

Bolaag
Smelt sjokolade, room en koffie in mikrogolf tot net gietbaar
Giet in sigsag patroon oor die koek

======================================================================

Maak koffie soos Marshal Grover se ‘cowboys’  goooi ‘n hoefyster in die koffiepot. As dit sink is koffie te flou. As dit dryf id die koffie reg. As dit oplos is die koffie te sterk

Advertisements

Karamel kaaskoek

Bestanddele

Kors

500 gram Marie of tennisbeskuitjies gekrummel

220 gram botter gesmelt

 

Vulsel

2 houers roomkaas

1 blik kondensmelk & 1 blik karamel kondensmelk

4 eiers

30 ml gerasperde suurlemoenskil (opsioneel)

125 ml suurlemoen of lemmetjiesap

 

Voorverhit oond tot 200 grade C en smeer ʼn 22 Cm veerklamp se boom en kant

 

Metode

Kors

Meng koekiekrummels en gesmelte botter deeglik

Druk ʼn derde van die mengsel op die boom van groot ringknip pan en die res teen die kant van die pan vas

 

Vulsel

Klits roomkaas tot glad. Klits kondensmelk  suurlemoen en eiers by en laaste die suurlemoensap en giet die mengsel in kors

Bak ongeveer 20 tot 25 minute.

Laat heeltemal in pan afkoel voordat pan losgemaak word

Cappucino Tert

Bestanddele

2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies   500 ml (2 k) vars room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk      25 ml (5 t) sterk swart koffie

1 groot (100 g) Aero-sjokolade

4 groot (100 g elk) grondboon-broslekkers (peanut brittle)
125 ml (½ k) gemengde neute, grof gekap

Metode
Plaas ’n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ’n tertbak van 24 cm.
Klits die room tot styf. Voeg die karamelkondensmelk en koffie by en klits liggies tot glad.
Druk die sjokolade en broslekkers met ’n rolstok fyn.
Skep ’n laag van die karamelmengsel oor die Tennisbeskuitjies in die bak en sprinkel ’n laag sjokolade en broslekkers oor. Hou ’n paar beskuitjies eenkant en herhaal tot die koekies en vulselbestanddele op is.
Druk die orige beskuitjies fyn en sprinkel dit saam met die neute oor die tert. Plaas oornag in die yskas om te stol.

======================================================

Waarskuwing Die tert is ryk genoeg om jou gewig te laat optel as jy die resep stadig lees!!

Kerrie Noedelslaai

Bestandele
1 x 500g Gaar Noedels
1 x Groot Groen Rissie fyngekap (green pepper)
1 x Groot Ui fyn gekap
250 ml Tamatie Sous
125 ml Asyn
125 ml Kook olie
200 ml Suiker
1 El Kerrie Poeier
Sout en Peper na smaak
Tobasco Sous opsioneel
Metode
Meng al die bestandele saam en gooi oor gaargekookte noedels.Voeg dan die ui en groen rissie by. Indien moontlik laat staan oornag. Jy kan enige sterkte kerrie poeier gebruik. Die suiker in die sous breek die brand van die kerrie en Tobasco. Die geure kom eers regtig tot sy reg indien dit oornag gestaan het.

Beesvleis met ’n biersous

Bestanddele
sonneblomolie, vir potbraai
500 g kits-biefstukke  (‘minute steaks’), in dun repe gesny
30 ml botter
2 uie, middeldeur en fyner gesny
20 ml meel
300 ml bief aftreksel
200 ml bier (of gebruik nog biefaftreksel)
’n takkie vars tiemie (of 1 ml droë tiemie)
fyn aartappel en groente, om voor te sit
Metode
Verhit ’n groot swaar-boom pan oor hoë hitte. Gooi ’n bietjie olie in sodra die pan vuurwarm is en dan die helfte van die vleis. Roerbraai tot mooi bruin, skep uit en herhaal met die res van die vleis.
Verhit die botter in dieselfde pan. Voeg die ui by en roerbraai dit oor matige tot lae hitte tot goudbruin. Roer die meel in. Voeg die aftreksel bietjies-bietjies by terwyl jy roer. Voeg die bier, tiemie  envleis by. Prut vir 5-10 minute tot die sous verdik het. Roer af en toe.
Voeg die meel by die sous en geur dit. Sit voor oor stampkoring, rys of taliatele met  blokkies groente

========================================================================================================

Uitstekende verskoning om bier te koop! Ek verkies Black Label maar enige lager sal ook werk . Pinotage shiraz of self port sal erk

Biltong pasta en kaas

Bestanddele
1 (500 gram) pak [macaroni of pene] 2 koppies gekerfde biltong
½ koppie gerasperde cheddar kaas 1 soetrissie in blokkies gesny
2 medium uie fyngekap ½ teelepel gemengde speserye
Witsous
¾ koppie koekmeel 1.5 l warm melk
5 eetlepels botter {NIE MARGERIEN} Knippie sout
1 ml droe mosterd of 5 ml aangemaakte mosterd
1 koppie gerasperde cheddar Parmesan kaaspoeier na smaak
METODE
Oond op 180 celcius
Kook pasta in kokende water met sout en biejie sonneblom olie tot net gaar en dreineer.
Verhit olie en sorter uie en kruie tot uie sag is.Voeg soetrissie en biltong by en sorter nog 2 minute
Metode witsous
Roer botter, meel en melk saam oor matige hitte tot geen klonte. Geur met sout en peper en kook tot witsous dik is. Roer die mosterd en helfte kaas by.
Meng macaroni, en biltong/uie mengsel deur, Skep helfte in gesmeer oonbak van 18 x26 cm skep helfte van witsous oor. Volg met laaste helfte en gooi witsous oor. Sprinkel kaas en en parmesan poeier oor ek bak ongeveer 20 minute tot kaas goudbruin is.
Sluit yskas as jy bere dit verdamp oornag!!

==========================================================================================

Sommer twee van my oorvreet bestanddele saam (biltong en pasta) net asof ek verskoning soek om dit te eet

Appel crumble

FILLING

 

1x 765G TIN SLICED PIE APPLES

1/3 CUP(80 ML ) SUGAR

1 TBSP (15ML) LEMON JUICE

1 TBSP(15 ML)BUTTER MELTED

 

TOPPING

1 CUP (250ML

0 CAKE FLOUR

PNCH SALT

¼ CUP(60ML) SUGAR

155G BUTTER CHOPPED

CREAM OR CUSTARD TO SERVE

  1. PREHEAT OVEN 200C GREASE 23 CM OVENPROOF DISH
  2. FILLING ROUGHLY MASH APPLES STIR IN SUGAR, LEMON AND BUTTER. SPREAD IN DISH.
  3. FOR TOPPING SIFT FLOUR IN MIXING BOWL ADD SALT AND SUGAR. RUB IN BUTTRT WITH FINGERTIPS
  4. SPRINKLETHE CRUMBLE OVER APPLE MIXUTRE
  5. BAKE ABOUT 30 MINUTES OR UNTIL GOLDEN BROWN