Parfuum

Vroulief verjaar die eerste van volgende maand (verstaan julle nou hoekom sy met my getroud is?) en ek het die winkels ingevaar op soek na haar parfuum.  Genade is ek weer getref deur die duisend en een soorte wat beskikbaar is!!

Gelukkig is hare maklik onderskeidbaar en ek het dit dadelik opgespoor. Terwyl ek was dat een van die twee helpers my raaksien en die kasregister kom werk stap die bestuurder verby en vra op ek regkom. Ek sê toe maar dat ek dit moelik vind op sigbaar te wees en hy het dadelik gereel dat ek kon betaal.

Geskenkpapier nie verkrygbaar nie en ek is na die nuusagentkap toe daarvoor. Nie een van die rolle was gemerk nie en ek het die vier moontlikes almal saamgeneem kasgerister toe sodat hulle vir my kon pryse opkyk.

Hoekom moet mens deesdae die winkels smeek om jou geld te vat?

Peppermint crisp tert

Bestanddele
1 blik kondensmelk
1 blik karamel kondensmelk
2 pakks tennis beskuitjies (tee lovers biscuits)
250ml room
125 ml suurlemoensap
4 Peppermint Crisp stafies (gerasper)
1 koppie melk
1 botteltjie pepperment geursel
Metode
Spuit tertbak met spay en cook
Maak toebroodjies van beskuitjies en karamel kondensmelk
Meng melk en geursel in vlak bakkie
Doop beskuitjies in melk mengsel en voer reghoekige trtbak se boom uit
Klits room tot styf
Voeg 3/4 van pepperment crisp en die kondensmelk by
Voeg suurlemoensap by en klits tot goed gemeng
Gooi helfte van mengsel oor beskuitjies
Pak laag gedoopte karamel gesmeerde beskuitjies bo -op
Gooi laaste helfte van mengsel oor beskuitjies
Strooi laaste van pepperment crisp bo-oor as versiering
Pepperment geursel kan vervang word deur ‘n sopie pepperment likeur

==============================================================================

Ek maak die een so gereeld ek moes nou eers die resep gaan maak om hom neer te skryf

PASTA

1 groot eier geklits

1/2 teelepel sout

1 koppie koekmeel

2 eetlepels water

Meng sout en meel deeglik en vorm in dammetjie op skoon oppervlak

Gooi geklitste eier in middel en meng om stywerige deeg te vorm voeg water by indien nodig

Knie vir 3 tot 4 minute en rol tot verlangde dikte en vorm met pasta masjien

===================================================================

MAAL MET HOEVEELHEID MENSE VIR WIE JY PASTA MAAK MAAR NIE MEER AS SES OP ‘N SLAG NIE

Dad’s Meat Loaf

http://www.mrfood

1 pound ground beef                           1 pound ground pork

1/2 cup chopped onion                       1/2 cup Italian bread crumbs

2 eggs                                                 1/2 cup ketchup, divided

1 teaspoon Worcestershire sauce      1/2 teaspoon salt

1/2 teaspoon black pepper                1 tablespoon light brown sugar

What To Do:

Preheat oven to 350 degrees F. Coat a 9- x 5-inch loaf pan with cooking spray.

In a large bowl, combine beef, pork, onion, bread crumbs, eggs, 1/4 cup ketchup, Worcestershire sauce, salt, and pepper; mix well. Press mixture into prepared pan. In a small bowl, combine remaining ketchup and brown sugar; brush over meat loaf. Bake 1 to 1-1/4 hours, or until juices run clear. Allow to sit 5 minutes, then slice and serve.

Blatjangaartappels

– Anette Human

6-8 middelslag aartappels

Sout

1 kop blatjang

1 k kookwater

½ k mayonnaise

1 pakkie dik wituiesoppoeier

Kook die aartappels tot sag. Verhit die oond tot 180ºC. Halveer aartappels met skil en al oorlangs. Plaas halwes met gesnyde kant na bo in vlak, oondvaste bak met inhoudsmaat van 2,5l.

Meng die vrugteblatjang, kookwater, mayonnaise en soppoeier en skep die mengsel oor die aartappels en bak ‘n halfuur lank. Eet dit warm