TARENTAAL ITALIANO

2 groot tarentale, in porsies gesny                                  30ml rooiwynasyn

gegeurde seesout                                                          koekmeel

60ml olyfolie                                                                  3 selderystingels, gesny

3 knoffelhuisies, gesny                                                   30ml tamatiepesto of -pasta

250ml geskilde, gekapte vars tamaties                            250ml rooi wyn

sout en peper                                                                 250ml hoenderaftreksel

125ml ontpitte groen olywe                                             125ml pitlose rosyne

30ml gekapte vars pietersielie

 

Vryf die vleis met die wynasyn in, bedek en laat staan ‘n paar uur by kamertemperatuur. Dreineer en besprinkel liggies met seesout en meel. Verhit die olyfolie in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleis vinnig. Skep met ‘n gaatjieslepel uit en hou eenkant. Voeg die seldery, knoffel, tamatie pesto, tamaties, rooi wyn, geurmiddels en 250ml hoenderaftreksel by. Kook vinnig tot dit indamp. Voeg vleis by. Verlaag die hitte, bedek met botterpapier en plaas ‘n deksel op die kastrol. Prut 1½ -2 uur lank stadig of tot die vleis sag is. Voeg res van die bestanddele by en kook nog 10 minute sonder deksel. Sit voor.

LEMON CURT:

lynette Muller

Bestanddele
2 eetl botter
1kop suiker
2 eiers
2 suurlemoene – skil gerasper en sap uitgedruk

Metode
Smelt suiker en botter, voeg suiker en suurlemoensap en skil by
Klits eiers en GOOI WARM MENGSEL by eiers.
Laat prut en roer die heeltyd tot dik. Koel af en sit in doppies.
Bron: Kreatiewe Kos Idees

==========================================================================

HEERLIK AS TUSSENLAAG VIR LEMOENKOEK