Onwettige besetters

versamelwoonbuurt

nes1 Verasamelvoels weaverbird poles

Die skuldiges hier staan bekend as versamelvoëls (sociable weaver)

Die neste raak nat van dou of reën veroorsaak kortsluitings en raak so swaar dat hulle pale omtrek met geringe wind (sien foto) of die dou-druppeltjies speel vergrootglas en brand nes en paal af en smelt of breek drade.

Gelukkig vir hulle is daar ‘n medebewoner van hul nes

Pygmy Falcon (Dwergvalk) Polihierax semitorquatus
Use of artificial structures: Pygmy Falcons usurp the chambers of the coloniallybreeding Sociable Weaver Philetairus socius. As Sociable Weavers often build their nests on artificial structures, these little falcons are also associated with
telephone poles, electricity pylons, windmills and other artificial structures. Use of telecommunication structures: Sociable Weavers build their nests on telephone poles, and these are used by the Pygmy Falcon

Hy is ‘n bedreigde spesie en die ouens probeer hul bel om hulle te beskerm

Versamelvoëls

Dwergvalk

Bar one cake

INGREDIENTS

CAKE

45 ml cocoa powder                               80 ml boiling water

150 g butter or margarine                      250 ml sugar (200 g)

3 extra-large eggs                                 500 ml Snowflake cake flour (280 g)

15 ml baking powder                             3 ml bicarbonate of soda

2 ml salt                                                 250 ml buttermilk or plain unflavoured yoghurt

Icing

60 g slab bar one                                 100 g dark baking chocolate

60 ml fresh cream                                45 ml butter or margarine

METHOD

Mix cocoa powder and boiling water until smooth and set aside to cool off slightly. Cream butter and sugar well. Add eggs, one at a time and beat well until light and creamy.

Sift dry ingredients and add alternately with buttermilk to creamed mixture. Spoon out into a greased and lined 24 cm loose bottomed cake pan. Bake in a preheated oven at 180 °C for about 60 minutes. Remove from tin and cool off.

Icing: Mix all the ingredients together in a small heavy-based saucepan. Place over low heat and heat until melted completely. Spoon over top of cake and leave to set.

================================================

iN DIE LYN VAN SJOKOLADE MOORD MAAR NIE HEELTEMAL SO RYK NIE

MAATS

Kammies

Kammies

Vroulief en haar kollege kamermaat

Die twee het mekaar as eerste jaar studente by Graaf-Reinette onderwys kollege ontmoet en die vriendskap gaan nog steeds voort. So daag Ilse by Marié op om saam te gaan inkopies doen. Sonder enige vooraf besluit of bespreking lyk die twee toe so!

Thaise hoenderhappies

Dié lekker happies se geur verbeter as dit vir ‘n dag in die yskas staan en smaak heerlik koud.

Bestanddele
4 hoenderborsies, fyn gekap
1 groen soetrissie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
60 ml fyngekapte pietersielie
2 rooi brandrissies, ontpit en gekap
Sout, peper en speserye na smaak
1 ekstra-groot eier, geklits
75 ml vars witbroodkrummels
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
3 grasuie, geka
Koekmeelblom
Olie, vir braai

Metode
Verwerk hoender, soetrissie, knoffel, pietersielie, brandrissies, geurmiddels, eier, broodkrummels, suurlemoenskil en grasuie saam in ‘n voedselverwerker tot gemeng. (Moenie te lank meng nie, dit sal pap word.) Vorm bolletjies met meel bestrooide hande en druk effens plat. Braai in vlak olie tot goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispapier en laat afkoel. Sit voor op roket met soet rissiesous. Lewer 18 happies.

Nota: Soetrissiesous is by alle supermarkte beskikbaar. Soek daarvoor by die blatjangs en souse.

======================================================

Bron http://www.liplekker.co.za

Fotos 2

bobejaankop

Na watter president lyk dit?

Ek het onmiddelik aan T O Honiball gedink en moes net die foto neem. Dit was amper direk sonwaards en die kleure het sleg uitgewas.

Picture 003

Iwers op pad terug van oos kaap by die feetjie tannie gestop moelik om die feetjies af te neem as jy hulle naderbring begin die vertoonkas se hoogs poleerde glas inmeng

Stampmielie Gereg

Dankie aan Liplekker Resepte 18 November 2014 (Maureen Paulson)

Bestanddele
500 ml Stampmielies
7 ml Sout
10 ml Olyfolie of botter
250 g. Spek, gesnipper
250 g Sampioene in skyfies gesny
250 ml Mayonaise
125 ml Vars room
1 pakkie Wit uiesoppoeier
250 ml Gerasperde cheddar kaas
Vars gemaalde swart peper

So Maak Mens:
Week mielies oornag. Dreineer dit en voeg in pot met genoeg water en bedek, kook tot gaar. Dreineer baie goed. Vooorverhit oond tot 180 en smeer ‘ oondvaste bak. Verhit die olie of botter in ‘n pan en braai die spek en sampioene tot bruin. Meng die mayonaise, room, soppoeier en kaas in ‘n groot mengbak. Voeg die mielies, spek en sampioene by en geur met peper. Skep die mengsel in die boorbereide oond bak en bak vir ongeveer 60 minute tot bruin bo-op

=====================================================================

Kontak gerus vir Frik indien julle wil aansluit.

frik.lombard@gmail.com

Okkie

Moeilikheid

DSCF0082

Vars van die straat af

Vroulief moet gereeld gaan stap met die wollerige seuntjie. Nou die dag keer die buurvrou haar wragtig voor en kla omdat hy ‘ nat telegram teen die lampaal los. Vroulief het har lig en vinnig ingelig dat die lamppaal en sypaadjie aan die munisipaliteit behoort en dat sy haar klagte na ‘n baie warm plek kan neem. Let wel hy word weggestuur van geverfde of gepleisterde mure omdat hy vlekke kan veroorsaak en hy het nog nooit ‘n landmyn gelos nie. Nou wil ek weet wat se soort mense kry jy deesdae wat nie eers die sonskyn vir ander mense gun nie.

Roti deeg 

Bestanddele
750 ml koekmeel       3 ml sout
30 ml kookolie           ± 220 ml yswater
125 g sagte botter

Metode
Sif die meel en sout saam. Klits die olie en water saam.
Voeg  bietjie op n slag by die droë bestanddele en knie tot ‘n sagte deeg Keer uit op meel bestrooide oppervlak en rol die deeg in reghoekige vorm uit tot ongeveer 5 mm dik
Smeer die sagte botter oor en rol op soos jamroll om worsie te vorm. Laat kwartier rus
Deel in 10 dele en rol uit in sirkelvorms van 20 Cm
Verhit pan en bak in olie tot goudbruin, Vul met gaar maalveis of fyn hoender en bedien dadelik

======================================================================================

Dit was nou ‘n behoorlike stryd on die na my smaak te kry

As meer maak as wat jy vul kan jy hulle in vriekas stoor met goeie waspaper tussenlagies en as jy hul wil gebruik maak hullie in kleefrye pan warm wat met bietjie olyfolie uitgevee is

Feta en spek tert

Kalahari 13

Meerkat . As jy stoutigheid soek maak mak groot.

Bestandele

2 koppies spinasie (ontstingel en in fyn repies gesny)

250 gram gekapte spek                               1 koppie murgpampoentjies grof gerasper

250 ml natuurlike jogurt                              1 gekapte ui

2 skywe fetakaas in blokkies gesny             Half teelepel gekapte knoffel

3 eiers                                                            125 ml koekmeel

125 ml gerasperde cheddar kaas                  5 ml bakpoeier

Knypie paprika                                               Knypie droë gemengde kruie

Sout en peper na smaak                              bietjie olyfolie

Metode

Stel oond op 180 Celcius

Verhit olie in man en braai ui en knoffel to begin sag word. Voeg spek by en roerbraai to sag

Geur met speserye verwyder van plaat en voeg feta kaas by. Spen in gesmeerde 22cm oondbak

Klits eiers en roer koekmeel, bakoeier en jogurt in tot sonder klonte

Gooi oor spek mengel en strooi gesperde cheddar oor

Bak 25 tot 30 minute of tot gestol in middel

===========================================================================

(werk uitstekend in quiche pan)

Gee ons ’n nuwe geloofsbelydenis

BeeldSaterdag 08 November 2014

 Jean Oosthuizen (Weekliks, 2 November) se siening van Belhar as voorgenome belydenis saam met die Drie Formuliere van Eenheid in die NG Kerk is ’n geldige een.

Elke gelowige sal erken: Met die strekking van die Belhar-inhoud is daar geen fout te vind nie. Dít bevestig inderdaad die kern van ons geloofsinhoud: Liefde vir God en ons naaste.

Tans is die kerkleiding se uitgangspunt dat Belhar naas die Drie Formuliere van Eenheid as belydenis aanvaar behoort te word, maar dat jy dit nie hoef te onderskryf as jy nie wil nie. Vir die gewone lidmaat is die implikasie daarvan dat jy dan ook nie enige van die ander belydenisse wat tans geld, hoef te aanvaar nie. Veral nie as jy reeds groot vraagtekens het oor die inhoud van die Formuliere­ wat geskoei is op Skrif- en geloofsvertolkings van meer as 2 000 jaar gelede nie.

Dit kom voor of dit meer sinvol sal wees as alle belanghebbende geloofsgroeperinge in die NG Kerk saam ’n nuwe geloofsbelydenis opstel.

Daarin kan die kerninhoud van die Drie Formuliere hergeformuleer word volgens die verstaansopvattinge van gelowiges van die 21ste eeu. Hierby kan ook die kerninhoud van Belhar opgeneem word. Só kan die dogmatiese rigiditeit (wat ’n toenemende hoeveelheid gelowiges ontstel) reggestel en die ontstellende ontstaansredes vir die Belhar-dokument van 30 jaar gelede positief tot geloofsoortuiging omskep word.

In die huidige korrupte, verdrukkende klimaat kan ’n nuwe, algemeen aanvaarde geloofsbelydenis gestalte gee aan ’n geloofsbenadering in ooreenstemming met die liefdesbeginsel van die God in wie ons almal glo – ook gelowiges
van ander denominasies as die Christendom.

Koot Bosman

Pretoria

=================================================================================================

Eet-Maar-Nog-Koekies

Soutpan in die Kalahari

Kalahari 7

Lê plat op jou maag

Kalahari 8

Bestanddele Onderste Laag
125g botter
250ml (1k) bruinsuiker
397g (1 blik) kondensmelk
Knypie sout
5ml (1t) vanielje
250ml (1k) klapper
250ml (1k) hawermout
250ml (1k) sultanas
125ml (½k) muesli
50g (½ pakkie) pekanneute, gekap
625ml (2½k) pofrys (Rice Krispies)

Bestanddele Boonste Laag
30ml (2e) jogurt by kamertemperatuur
500g (2 plakke) donkersjokolade

Metode Onderste Laag
Smelt botter, suiker en kondensmelk in kastrol. Verhit tot kookpunt en kook vir 6 min terwyl dit geroer word. Verwyder van hitte. Roer sout en vanielje by. Roer goed. Roer oorblywende bestanddele by. Druk in gesmeerde, reghoekige oondbak vas.

Metode Boonste Laag
Smelt sjokolade oor dubbelkoker tot glad of in mikrogolf teen 70 ٪ krag. Roer jogurt by sjokolade en smeer oor koekies. Laat stol en sny in blokkies.

Bierbrood

Kalahari 23

Bestandele

2½ kilogram fyn meel
3 teelepels suiker
6 teelepels sonneblomolie
750ml bier
2 teelepels sout

Metode

Maak meel met louwarm bier en ander bestandele aan. Laat dit rys. Bak vir ongeveer ‘n uur in matige kole.

Bier kan met ‘n liter sodawater vervang word maar dan moet sonneblomolie met 1 koppie botter of varkvet vervang word