Thaise hoenderhappies

Dié lekker happies se geur verbeter as dit vir ‘n dag in die yskas staan en smaak heerlik koud.

Bestanddele
4 hoenderborsies, fyn gekap
1 groen soetrissie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
60 ml fyngekapte pietersielie
2 rooi brandrissies, ontpit en gekap
Sout, peper en speserye na smaak
1 ekstra-groot eier, geklits
75 ml vars witbroodkrummels
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
3 grasuie, geka
Koekmeelblom
Olie, vir braai

Metode
Verwerk hoender, soetrissie, knoffel, pietersielie, brandrissies, geurmiddels, eier, broodkrummels, suurlemoenskil en grasuie saam in ‘n voedselverwerker tot gemeng. (Moenie te lank meng nie, dit sal pap word.) Vorm bolletjies met meel bestrooide hande en druk effens plat. Braai in vlak olie tot goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispapier en laat afkoel. Sit voor op roket met soet rissiesous. Lewer 18 happies.

Nota: Soetrissiesous is by alle supermarkte beskikbaar. Soek daarvoor by die blatjangs en souse.

======================================================

Bron http://www.liplekker.co.za

Advertisements

3 thoughts on “Thaise hoenderhappies

  1. Ek is nie eintlik ‘n rissie ou nie en sal eers met helfte begin.

    Gehoor van die boer wat besluit het Kentucky gaan hom skatryk maak en toe teel hy hoenders met 4 bene >enigste probleerm? hulle kon nog nie een gevang kry om te proe nie. :):)

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s