Die GROOT K

Omdat ek weer skandering laat doen het met bloedtoetse vir my migraine het hul prostaat kanker by my ontdek

Ek moes gaan vir die inplanting van radio aktiewe pennetjies in my prostaat om die kanker te bestraal.

Weereens besef hoe slegte plek ‘n hospitaal is en sal enige iets doen om daaruit te bly!

Die mense moet my nou versigtig hanteer wat as ek ontplof is die hele Wes Kaap onbruikbaar vir die volgende 1000 jaar!!

2 thoughts on “Die GROOT K

  1. Ek is bly hulle het die groot K vroeg opgetel by jou. Baie mans is al onder die kluite as gevolg van prostaatkanker wat te laat gedianoseer is. Daar bestaan ‘n miete dat jy nie daarvan sal dood nie, maar baie mans wat ek geken het en van my en my vrou se ooms is dood daarvan. Die kernaangedrewe inplantings werk skynbaar goed as die boosheid nog nie te vêr gevorder het nie. Ek is seker jy sal dit oorleef en as jy dalk ontplof … wel dan is alles gou verby en sal jy nie ly nie! Ek het dit oorleef maar omdat die kanker baie agrressief was moes hulle ‘n noodoperasie doen en alles verwyder wat hulle kon. Dit is nou al tien jaar en ek leef nog.

    Like

Lewer kommentaar