MOER Koffie

Johan du Plessis

Die waarheid is gewoonlik baie erger as fiksie en die volgende ware storie is genoeg om enige mens twee keer te laat kyk na wat mens eet en drink by die werk.

Enige Bank, Poskantoor of Prokureur het maar n bode wat allerhande los werkies ook moet doen, soos om die pos te gaan haal, toilette skoon te maak, vloere te mop en in die meeste gevalle sommer koffie en tee vir die kantoor
personeel ook te maak.

Veral in onse ou klein dorpie, noem hom maar, Moerlandspan, waar ek vandaan kom is die enigste bode sommer alles en mens sien hulle sommer heel dag so beweeg tussen al die plekke waar niemand lus voel om heen te loop nie. Die
lede van ons eie Bank, en hier kan ek beslis nie die naam noem nie, was elke dag stiptelik op hul pos van die Bestuurder tot die Bode.

Ou Simon die bode was soos baie ander bodes, maar effens van n slons, of die mooi woord is n regte ou vuilgat. Rooi gesuipte oë, goud-geel tande van al die BB twak wat hy met koerant papier rook, stukkende uniform (want hy
verkoop die nuwes), en n natuurlike klankie wat genoeg is om die meeste mense te laat sidder.

Die dames in die kantoor het gedurig gekla oor Simon so vrot afstof, nie mooi skoonmaak nie, en daai klankie van hom was een te veel! So, soggens nadat Simon almal se koffie gemaak het, het hulle hom dadelik soveel takies
moontlik gegee om hom net uit die bank te kry, wat Simon natuurlik erg misbruik het, en meestal vol papsak wyn onder n boom lê en slaap het, altyd sonder sokkies.

Die klankie was afkomstig van Simon se besondere liefde vir hard gekookte eiers, waarvan hy elke liewe dag ten minse ses verorber het met middag ete, afkomstig van sy eie henne wat skrop om sy kaia in die lokasie. Dis todat Koos, die nuwe Bank bestuurder een dag uit pure moedeloosheid die besemkas agter in die bank loop oop ruk het op soek na skoonmaakmiddels, dat hy op iets vreemds deur die agter-ruit afgekom het.

Rustig aan die slaap lê ou Simon onder die boom vol hard gekookte eiers en n paar nat sokkies is opgehang aan die venster se diefwering, daar agter waar niemand ooit kom nie. Koos het een en een bymekaar gesit en die volgende oggend vir Simon bekruip oral waar hy gaan en tot sy ewige spyt gesien wat daar gebeur.

Die bank het so n 15 Liter blink staal Urn met styf passende deksel wat sommer heel dag so staan en prut vir koffie water en dis nou hier waar die groot kots vir Koos kom staan en wag het.

So kom Simon toe in en gaan tap die urn vol water, skakel hom aan en gaan sit al te rustig op die stoel langs die tafel. Mooi pak Simon 6 ROU eiers uit n tassie op die tafel en maak sy skoen veters los.Daarna trek hy sy sokkies uit en plaas 3 eiers in elke sokkie en hang elke sokkie vernuftig oor die rand van die urn in die koffie water en knyp hulle
met die deksel vas.

Soos die koffie water kook, so kook Simon se eiers, en kry sy sokkies sommer n lekker was ook.
Koos sê nadat hy sy laaste stuk dikderm uitgekots het, en die res van die personeel mekaar vertrap het om hulle mangels te loop uitskeur voor die toilet het hulle ou Simon dik gemoer en summier op pensioen gesit.Tot vandag
toe staan daai urn in die stoor en drink die personeel bottel water en koeldrank.

Dis nou regte moer koffie, om GE-MOER te word oor koffie!

Aarbei mousse

Bestanddele

1 80 gram pak aarbei jellie
1 koppie (250ml) kookwater
350ml vars room
250g aarbeie skoongemaak en opgekap

Metode
Los jellie in kookwater op en los eenkant om af te koel
Klits die room tot net dik maar nie styf nie
Voeg die aarbeie by ek klits dan tot styf
Vou die afgekoelde jellie in
Gooi in 6 bedien-glase en sit ‘n uur in yskas om te set

Kan versier met gesnyde aarbeie as jy ekstra het

PORTUGESE BEESVLEIS- EN UIE GEREG

Genoeg vir 4 persone

Bestanddele
½ E koljandergegeurde Willow Creek olyfolie
½ E knoffelgegeurde Willow Creek olyfolie
800 g kruisskuif, in repe gesny
2 groot uie, fyn gekap
4 tamaties, fyn gekap
1 E vars pietersielie, fyn gekap
1 bay leaf
½ kop romanesco (of gewone broccoli)
Sout en peper na smaak
15 ml braaivleisspesery
Vars koljanderblare, grof gekap
Rooipeper na smaak (opsioneel)
1 koppie witrys
½ rooipeper
½ geelpeper
½ koppie grondboontjies, fyn gekap
Nog pietersielie en koljanderblare vir garnering.

Metode:
Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die vleis daarin vir ongeveer 2 tot 3 minute aan elke kant. Voeg die uie, tamaties, pietersielie, bay leaf, sout en peper by en verhit tot dit begin prut. Verlaag die hitte, sit deksel op en laat prut vir ongeveer 20 minute. Voeg die Romanesco (broccoli) by en laat prut nog ‘n rukkie. Verwyder die deksel, draai die hitte hoër en laat vinnig kook om die oortollige vloeistof te verminder.

Bedien warm op die witrys (gemaak volgens die metode onder)
Kook die rys gaar en voeg die gekapte peppers, grondboontjies en vars koljanderblare daarby.

The R100 note

In Parliament recently, an ANC MP related the following account in praise of the President:-


“There was a father who gave a R100 note to each of his three sons and told them to buy something that would completely fill up a room.

The first son bought a load of hay for R100 –  but couldn’t fill the room completely.

The second son bought a load of raw cotton for R100 – he also couldn’t fill the room completely.

The third son was wise and bought a candle for R1 – he lit it up and the room was completely filled with light.”

The proud MP declared: “Our President Jacob Zuma is like the third son.  From the day he has taken charge of his office, our country is filled with the bright light of prosperity!”

After the thunderous applause died down,

a voice from the DA bench asked: “So, where is the remaining R99 ?”

Los spoke as jy drink

Oom Herrie se kerrie: Los spoke as jy drink

Spookstories en ʼn hap of twee te veel loop dikwels hand aan hand.

So ’n paar jaar gelede, onthou oom Herrie, het dit na ’n veeveiling daar anderkant Afrikaskop vreeslik jolig gegaan in die tent waar die likiede bates weggeslaan is. Man, amper net soos in ’n kroeg (het oom Herrie verneem).

Die een sal sommer simpel en raserig raak. Die ander eintlik weer stiller, en met ʼn maat heel bedees al die land se probleme oplos – oplossings waarvan hulle die volgende dag ongelukkig niks kan onthou nie. Met die een voet so ongemerk as moontlik om ’n stoel- of tafelpoot gevleg om nie om te slaan nie. Of iemand sal eenkant doodstil sit en sy teugies neem, en dan skielik opstaan en nonsens praat.

Soos daai dag toe klein Floors skielik omdraai en hardop sê: “Ek wed julle honderd rand daar is g’n spoke nie!”
So traag-traag draai die koppe na klein Floors, korrel dooierus oor die ooglede na hom, en alles sou weer net so aangegaan het, maar toe stap die jong Flippie Barnard mos in. Hy is ʼn onderwyser in Bloemfontein, maar verloof aan die welgestelde oom Frans Gerber se mooi dogter, wat in Bethlehem skoolhou. Niemand het Flippie nog ʼn sterkerige dingetjie sien drink nie.

Flippie is so nugter soos ʼn vars oggendbriesie. En hy stap reguit na klein Floors. “Top” sê hy, en diep sommer ’n R100 uit sy sak. Oom Karel, die spysenier, kap deur en sit die twee honderd rand note onder ’n leë bottel.

“Binne vyf minute het ek my weddenskap gewen,” sê Flippie, draai op sy hak om en groet sommer so in die uitstap.
’n Minuut of later kom daar ’n klipharde kragwoord van oom Berend, wat eenkant sy koerant sit en deurblaai het.

Oom Berend is nou nie juis bekend vir sulke kragwoorde nie, en daarom kyk almal na hom. Hy is doodsbleek, en bewend draai hy die koerant om dat almal self kan sien.

Daar staan die groot opskrif: “Jong onderwyser sterf in ongeluk op pad na verloofde.” En langsaan is Flippie se foto.
Terwyl die koue rillings in vele ruggrate afloop, draai almal se koppe na die leë bottel – maar weet reeds daai twee R100 note sal weg wees…

Haselneut & Lemoen koek

KOEK

500ML koekmeel                          250 ML strooisuiker

125 ml sonneblomolie                  90 ML lemoensap

15ML bakpoeier                           15 ml fyngerasperde lemoenskil

3 ekstragoot eiers                        7.ml lemoen essens

Knypie sout                                 50 gram haselneute vyngekap

Metode

Oond op 180 Celcius

KOEK

Klits eiers en strooisuiker tot liggeel. Klits olie, lemoensap, lemoengeursel en skil by. Sipf meel bakpoeier en sout saam en roer haselneute by .Meng meelmengsel by eiermengsel tot beslag vorm Gooi in 26 CM ringkoekpan wat met spuitolie behandel is. Bak ongeveer ‘n halfuur (tot toetspen skoon uitkom) Laat halfpad afkoel in pan en keer dan uit op koekrak tot heeltemal afgekoel

VERSIERSEL

250 ML versiersuiker  eksra neute   30 ML lemoensap word bymekaar gevoeg en gemeng tot glad. Skep versiersel oor koek en strooi met bietjie gekapte neute

================================================================================================

Die neute kan geruil word vir gedroogde lemoenskil MAAR die kombinasie is iets besonders