KOEK
500ML koekmeel 250 ML strooisuiker
125 ml sonneblomolie 90 ML lemoensap
15ML bakpoeier 15 ml fyngerasperde lemoenskil
3 ekstragoot eiers 7.ml lemoen essens
Knypie sout 50 gram haselneute vyngekap
Metode
Oond op 180 Celcius
KOEK
Klits eiers en strooisuiker tot liggeel. Klits olie, lemoensap, lemoengeursel en skil by. Sipf meel bakpoeier en sout saam en roer haselneute by .Meng meelmengsel by eiermengsel tot beslag vorm Gooi in 26 CM ringkoekpan wat met spuitolie behandel is. Bak ongeveer ‘n halfuur (tot toetspen skoon uitkom) Laat halfpad afkoel in pan en keer dan uit op koekrak tot heeltemal afgekoel
VERSIERSEL
250 ML versiersuiker eksra neute 30 ML lemoensap word bymekaar gevoeg en gemeng tot glad. Skep versiersel oor koek en strooi met bietjie gekapte neute
================================================================================================
Die neute kan geruil word vir gedroogde lemoenskil MAAR die kombinasie is iets besonders
Klink njamies!
LikeLike