In die winkel deel twee

Probleem aangespreek. Die ou het nie die groei van die kapitaa en die uitbetaal van 2 polisse in berekening gebring nie,, die adviseur kon  die pensioen met R1000,00 per maand opskuif. Die ouens van die klassieke motors het ‘n aanboed gemaak van R20 000 vir die Komando em hulle oorweeg sterk om een van die eks huur I 20’s in sy plek aan te skaf.

Wens edk was regtig so goed soos hulle my uitmaak!

Turkse verlekkering koek

KOEK

2 1/2 koppies koekmeel                           1 1/4 koppies strooisuiker

1 koppie sagte botter                               1 koppie suurroom

4 eksra groot eiers                        2 teelepels bakpoeier

1 teelepel roos geursel

10 tot 14 turkse lekkers in klein blokkies gesny en in versiersuiker gerol (om te keer dat hul aan mekaar klou

VERSIERSEL

3 koppies versiersuiker (gesif)                             100g sagte wit margerien

125 g roomkaas (Philadelphia indien moontlik)   1/2 teelepel roosgeursel

2 druppels rooi voeselkleursel                             5 to 7 turkse lekkers in blokkies gesny

METODE

SIT OOND AAN OP 180 grade CELCIUS

Koek

Room botter en suiker tot liggeel. Klits eiers een vir een by. Meng suurroom en roosgeursel by Sif bakpoeier, koekmeel en sout saam. MenNg meel- en botttermengsel saam. Verdeel beslag in twee ronde 22cm koekpanne uitgevoer met bak papier. Sprinkel lekker bo-op beslag. Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.Laat effens in panne afkoel en keer dan uit op draadrakkies om heeltemal af te koel.

Versiersel

Room margarien en klits versiersel bietjies, bietlies by,Klits roosgeursel en kleursel by tot net gemeng

Smeer helfte op een laag koek en sit tweede laag bo-op en smeer met res van versiersel. Sprinkel met gesnyde turkse lekkers.

==========================================================================

Vir ‘n deftiger voorkoms kan 3 eetlepels grofgekapte pistachioneute ook bo oor gegooi word

In die winkel

Versigtig gaan sy die prys van elke pakkie sopbene na en besluit dan op die tweede goedkoopste pakkie. skuifel dan oor na doe brood afdeling waar ‘n halwe bruinbrood in doe waentjie beland. ‘n middelslag ui twee peer tamaties en ‘n groot aartappel word bygevoeg. By die kassier word die winkelkaart aangebiedvir agslag en die res word korrek uit die handsak getel. Aange3sukkel na die ou Komando toe en die stoet vertrek teen 40 na die ouetehuiis toe. Vanaad word daar sop gemaak in die driepootpot oor die kaggel vuurtjie en dit moet hou tot volgende week se pensioenarisdag. van agtien tot sewentig het hulle altwee gewerk. die opeloopte spaar en pensioengeld het net oor die drie miljoen beloop nadat die huis betaal was maar die pensioen daaruit sleg R5000 per maand

Is dit wat bedoel word met “In die swwet van jou aansien sal jy jou brood verdien”?