In die winkel

Versigtig gaan sy die prys van elke pakkie sopbene na en besluit dan op die tweede goedkoopste pakkie. skuifel dan oor na doe brood afdeling waar ‘n halwe bruinbrood in doe waentjie beland. ‘n middelslag ui twee peer tamaties en ‘n groot aartappel word bygevoeg. By die kassier word die winkelkaart aangebiedvir agslag en die res word korrek uit die handsak getel. Aange3sukkel na die ou Komando toe en die stoet vertrek teen 40 na die ouetehuiis toe. Vanaad word daar sop gemaak in die driepootpot oor die kaggel vuurtjie en dit moet hou tot volgende week se pensioenarisdag. van agtien tot sewentig het hulle altwee gewerk. die opeloopte spaar en pensioengeld het net oor die drie miljoen beloop nadat die huis betaal was maar die pensioen daaruit sleg R5000 per maand

Is dit wat bedoel word met “In die swwet van jou aansien sal jy jou brood verdien”?

Advertisements

7 thoughts on “In die winkel

  1. Wanneer is genoeg genoeg? Hoe weet ons as ons genoeg bymekaar gemaak het om ons te laat leef tot ons dood?
    Ek maak ‘n ander som. Gestel hulle word 100. Vanaf 70 tot 100 is 30 jaar. Maal 12 maande. = 360 maande. Sou hulle die pensioengeld/spaargeld gelykop verdeel vir die 360 maande en hoop hulle word nie ouer nie, het hulle ongeveer R8300 beskikbaar per maand. Intussen verdien die res darem seker nog ‘n paar rand rente ook. Teen slegs 5% R12500 in die begin… Iewers het iemand vir iemand baie slegte raad gegee… Maar dan is daar nie geld vir die wis en die onwis nie. Daar is tans ook nie geld daarvoor nie!

    Like

  2. Terug pieng: Hoeveel is genoeg? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s