Moeilikheid

DSCF0082

Vars van die straat af

Vroulief moet gereeld gaan stap met die wollerige seuntjie. Nou die dag keer die buurvrou haar wragtig voor en kla omdat hy ‘ nat telegram teen die lampaal los. Vroulief het har lig en vinnig ingelig dat die lamppaal en sypaadjie aan die munisipaliteit behoort en dat sy haar klagte na ‘n baie warm plek kan neem. Let wel hy word weggestuur van geverfde of gepleisterde mure omdat hy vlekke kan veroorsaak en hy het nog nooit ‘n landmyn gelos nie. Nou wil ek weet wat se soort mense kry jy deesdae wat nie eers die sonskyn vir ander mense gun nie.

Advertisements

6 thoughts on “Moeilikheid

  1. sypaadjie tuine het menig dag oorlog veroorsaak, my brak kon nie weerstaan om te snuffel en been te lig teen nuwe struike nie, en toe kom die lang maar bleekvrou uit die huis ..die vrou met met die lewensmoeë oë , en ferm vertel sy met vuur in haar stem uit die dooie gesig wat ek met die stomme ou basterbrakke moet doen ek inkluis. Ekke ? Onverklaarbaar bars ek toe uit van die lag.. Diegene sal altyd daar wees.

    Like

  2. Die ou brakkie merk mos maar net die gebied en hy snuffel die boodskap wat ander honde voor hom gelos het.Mense verstaan nie altyd hondegedrag nie.Ek voel darem no2 kan maar opgetel word,want dit kan dalk ‘n skoensool in ‘n stink stukkie rubber verander,wat weer in die huis ingetrap word!

    Like

    • Dankie almal. Hy los nie eers bolle op my grasperk nie dit word in ‘n sekere hoek op die werf toegekrap maar ons dra maar gebruikte broodsakkie saam vir die wis en die onwis as ons straat invaar. Hy het net drie sondes
      a vreeslike liefde vir ‘n platvleisie (kouevleis verkieslik ham) b absolute haat vir die posman c die buurkat wat op die grensmuur sit en spioeneer op hom. [Hy het nou die dag die kat overwags by sy kosbak vasgekeer en as vroulief nie tussenbeide getree het nie sou hy die seker verwurg het. die kat se voete maal soos ‘n saagmasjien maar al wat sy regkry is om boonste laag hare te kam!

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s