TARENTAAL ITALIANO

2 groot tarentale, in porsies gesny                                  30ml rooiwynasyn

gegeurde seesout                                                          koekmeel

60ml olyfolie                                                                  3 selderystingels, gesny

3 knoffelhuisies, gesny                                                   30ml tamatiepesto of -pasta

250ml geskilde, gekapte vars tamaties                            250ml rooi wyn

sout en peper                                                                 250ml hoenderaftreksel

125ml ontpitte groen olywe                                             125ml pitlose rosyne

30ml gekapte vars pietersielie

 

Vryf die vleis met die wynasyn in, bedek en laat staan ‘n paar uur by kamertemperatuur. Dreineer en besprinkel liggies met seesout en meel. Verhit die olyfolie in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleis vinnig. Skep met ‘n gaatjieslepel uit en hou eenkant. Voeg die seldery, knoffel, tamatie pesto, tamaties, rooi wyn, geurmiddels en 250ml hoenderaftreksel by. Kook vinnig tot dit indamp. Voeg vleis by. Verlaag die hitte, bedek met botterpapier en plaas ‘n deksel op die kastrol. Prut 1½ -2 uur lank stadig of tot die vleis sag is. Voeg res van die bestanddele by en kook nog 10 minute sonder deksel. Sit voor.

Advertisements

4 thoughts on “TARENTAAL ITALIANO

  1. My pa se neef het daarin geglo dat ‘n tarentaal opgestop moet word met wilde uintjies en ‘n bietjie growwe sout in die borsholte. Dan word hy net so, met vere en al, in potklei toegepak en in ‘n holte onder die grond begrawe. Die vuur word bo-op in die holte gemaak. Wanneer die tarentaal gaar is, laat jy dit afkoel en breek die potklei oop – hy het gesê die vere kom af saam met die klei. Ek kan nou nie getuig van die waarheid daarvan of die smaak nie, maar hier buite in ons kloof hardloop daar twee tarentale rond, wat raas dat hoor en sien vergaan – hulle maak ons douvoordag al wakker. Hulle het name; my man het hulle “lunch” en “dinner” gedoop….

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s