Parfuum

Vroulief verjaar die eerste van volgende maand (verstaan julle nou hoekom sy met my getroud is?) en ek het die winkels ingevaar op soek na haar parfuum.  Genade is ek weer getref deur die duisend en een soorte wat beskikbaar is!!

Gelukkig is hare maklik onderskeidbaar en ek het dit dadelik opgespoor. Terwyl ek was dat een van die twee helpers my raaksien en die kasregister kom werk stap die bestuurder verby en vra op ek regkom. Ek sê toe maar dat ek dit moelik vind op sigbaar te wees en hy het dadelik gereel dat ek kon betaal.

Geskenkpapier nie verkrygbaar nie en ek is na die nuusagentkap toe daarvoor. Nie een van die rolle was gemerk nie en ek het die vier moontlikes almal saamgeneem kasgerister toe sodat hulle vir my kon pryse opkyk.

Hoekom moet mens deesdae die winkels smeek om jou geld te vat?

Advertisements

5 thoughts on “Parfuum

  1. Dis mos die tyd dat ek ‘n ander winkel gaan soek. Die absolute onbevoegdheid maak my regtig swak. Elke keer wanneer ek Pnp by Hazyview besoek, raak dit al ‘n bek geveg. Ek onthou mos die goed wat ek insit se pryse. Pick n Pay Hazyview, se rakprys verskil altyd van die skandeer prys. Soms raak ek bedinges genoeg en los die hele trollie goed en bogger of.

    Like

  2. Ja, of hul adverteer afgemerkte pryse en wanneer jy by die til kom, is die til nie opgedateer nie. Dan moet jy veg en wag, en weer wag en weer wag… tot iemand lus is om te help.

    Like

  3. Ek wens dis weer soos ‘n paar jaar terug dat elke item ‘n plakker met ‘n prys op het.Hierdie ou barcodes maak my siek en mens moet altyd op die rak rondsoek vir die prys.Soms is daar niks!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s