Laaste uitbreiding handsentrale in SA

In die Mier are in die noord kaap was daar baie ontwikkeling en vraag na telefoon lyne maar die ou magneto sentrale kon nie meer kliente hanteer nie. Omdat daar geen vooruitsigte was dat die plekke in die nabye toekoms sou outomatiseer nie het die Areabestuurder besluit om die ou nommer asseblief (magneto) sentrale uit te brei. Daari skakelborde bekom op plekke waar hul as stategiese voorraad gehou is. Die voerroet is omgeskakel na ‘n SOR18 en hy verdeel tussen die borde as 16 inkomende/uitgaande lyne plus ‘n noodverbinding. die voorafvervaardigde gebou is opgesit en sy dak is beskerm met ‘n 100% skadunet. Sonselle en ‘n windlaaier is opgesit en die batterybank is uitgebrei on 24 uur te kan hou.

Die gemeenskap was baie dankbaar en natuurlik moes ons daar wees vir die inwyding

Weens die Grrot sfstand het ons bersluit om na Mier te vlieg

Die ses sitplek Cessna wat ek Mier Airways gedoop het

Mier_airways

Ons het uit Kimberley gevlieg en toe ons naby Mier kom die mense laat weet sodat hulle die bokke van die aanloopbaan kon afjaag om landing moontlik te maak

Veilig geland en geparkeer by Mier

mier_lughawe2

Ons het gearriveer

miera.jpeg

Blik op Mier se hoofstraat van die sentrale af

Mier_GT

Die nodige toesprake is gehou

mierb.jpeg

Ons elkeen het ‘n blikbekertjie sand gekry om is ons skoene te strooi sodat ons weer sou kom

Lekker braai is gehou na die amptelike aanskakel en ons het Via Upington teruggevlieg

10 thoughts on “Laaste uitbreiding handsentrale in SA

  1. Ek gaan nou gevaarlike aannames maak

    Jy bly in ‘n nuwe ontwikkeling

    Het die ontwikkellaar Telkom laat weet tydens die beplanningsfase

    Is ondergrondse pype met leierdraad geinstalleer

    Het die geboue pype of is daar beplan vir oppervlak kabel

    Bel 0860101312 en doen navraag Sorg dat jy ‘n naam van en verwysingnommer kry
    Jy kan verder eskaleer sien foongids bladsy ses of sewe

    Hou opsomming of afskrifte van alle oproepe, fakse of briewe Indien enige iemand langer as 7 dae neem om te reageer verwys navraag na minister en plaaslike koerant met bygaande afskrifte

    As jy enige plek vashaar laat weet vir moeilik (Ekke) en hy sal kyk of hy raad het

    Like

Lewer kommentaar