In die Mier are in die noord kaap was daar baie ontwikkeling en vraag na telefoon lyne maar die ou magneto sentrale kon nie meer kliente hanteer nie. Omdat daar geen vooruitsigte was dat die plekke in die nabye toekoms sou outomatiseer nie het die Areabestuurder besluit om die ou nommer asseblief (magneto) sentrale uit te brei. Daari skakelborde bekom op plekke waar hul as stategiese voorraad gehou is. Die voerroet is omgeskakel na ‘n SOR18 en hy verdeel tussen die borde as 16 inkomende/uitgaande lyne plus ‘n noodverbinding. die voorafvervaardigde gebou is opgesit en sy dak is beskerm met ‘n 100% skadunet. Sonselle en ‘n windlaaier is opgesit en die batterybank is uitgebrei on 24 uur te kan hou.
Die gemeenskap was baie dankbaar en natuurlik moes ons daar wees vir die inwyding
Weens die Grrot sfstand het ons bersluit om na Mier te vlieg
Die ses sitplek Cessna wat ek Mier Airways gedoop het
Ons het uit Kimberley gevlieg en toe ons naby Mier kom die mense laat weet sodat hulle die bokke van die aanloopbaan kon afjaag om landing moontlik te maak
Veilig geland en geparkeer by Mier
Ons het gearriveer
Blik op Mier se hoofstraat van die sentrale af
Die nodige toesprake is gehou
Ons elkeen het ‘n blikbekertjie sand gekry om is ons skoene te strooi sodat ons weer sou kom
Lekker braai is gehou na die amptelike aanskakel en ons het Via Upington teruggevlieg