Groenvyetert

Verhit 1 blikkie onversoete melk.
Klits 2 eiergele by en laat 1 minuut kook.
Week ½ dessertlepel gelatien in 2 eetlepels water en voeg by melk.
As dit begin stol voeg by:
¼ koppie neute en ½ koppie groenvyekonfyt (klein gesny)
Klop dan 2 eierwitte styf met 2 eetlepels suiker en voeg by mengsel.
Sit in gaar kors.