Bo=natuurlik 6

Na die vermorste twee jaar van Diensplig begin ek im Kimberley by die destydse departement van pos en telekomunikasie werk in die telefoonkant en wel by vervoer in gehuurde akommodasie naamlik die Saambou gebou. Die gebou het ‘n opname spook wat elke dag omtrent 12 uur in die middelste hyserskag afgeval het kruiwa en al.

Van meer nur was die inwonende damesspook in my kamer in die losiesplek sê maar H A.

Sy het gereeld my koffiebekers gewas en bed opgemaak. InHierdie tyd het ek ver nagelees oor spoke en menings ingewin. So maak ek die fout om die predikant wat daar huisbesoek doen na sy mening te vra. Dominie V Z was glad nie beindruk met my storie nie en het onder meer gesê dat ek moet ophou bog praat. Vererg ek my en vra die meisie om vit dominie ‘n glas warer te gee te die beker (vir hom)vanself die glas volgooi en die glas so ver hy kan sien na hom aangesweef kom is hy vinniger as Fiasconaro by die kamer uit met ‘n laaste “Jy heul met die Satan” is hy weg en ek het hom nooit weer gesien nie.

Ek wonder war die kerk vandag sal sê maar ek gaan liewers nie vra nie!

7 thoughts on “Bo=natuurlik 6

  1. Daardie arme dominee! As dit ons predikant was, sou jy nie so maklik van hom ontslae gewees het nie, hy sou jou steeds kom besoek het. Soos ek as leek dit verstaan, moet gewone mense maar verbyhou. Wat diegene moet doen wat wel die geeste om ons raaksien, het ek geen idee nie. Maak dit jou glad nie bang nie?

    Like

  2. Ek weet nie van waneer af ek hulle kan sien nie ek neem maar aan dit is van kleintyd af. Die eerste vertelling probeer ek verduidelik hoe ek agtergekom het wat my maatjie is toe was ek al 10 of 11

    Like

  3. Nie geweet jy sien ook die goed nie. My vrou sal hier kan saam gesels. Sy sien hulle maar kan nie met hulle praat nie. Ek vermoed sy wil nie met hulle praat nie. Hier is gedurig van hulle in ons huis, bly `n paar dae en is dan weer weg. Die mees onlangse een het ons klein hondjie verpes. Honde kan hulle ook sien en ons s’n blaf vir hulle.

    Like

  4. Ek het al gehoor dat party diere reageer maar dit nog net een keer beleef met die straat-teel brak wat ek in Kimberley gehad het. Hy het die plek teen die grensmuur waar die opname spook (ou tante wat sit en groente skil) gesien kon word soos die pes vermy.

    Wat jy beskryf klink na wat ek herdenkings spoke noem DWS is vir ‘n kort tyd rondom ‘ sekere datum teenwoordig en is dan stil daarna tot volgende jaar. Bekendste is seker die vroulike duimgooier van Uniondale. Lees gedig Ruiter van skimmelperd pan

    As vroulief wil kan sy haar ervarings met my deel by vvuureoc@gmail.com of hier op wordpress

    Like

Lewer kommentaar