Bo-natuurlik 7

My Vrou het im Kimberley in een van die meer bekende skole, Newton, skoolgehou. HUlle het gekla van rondloperkinders of skoonmakers wat torring waar hulle nie moet nie todat ek vir hulle vertel het van die “seuntjie” wat in hulle klasse se gang rondloop. Na aanleiding van die beskrywing het hulle ou fotos gaan opdiep waarop ek die outjie as D W geidetifiseer het. (die mense bly nog daar oorkant die skool so ons hou maar by dit) Hy het homself blykbaar doodgeskok aan ‘n sinkplaat heining. Hy het knaend speelgoed uitgepak of blokkies uitgegooi gedurende die nag nadat juffrou dit met moeite weggeplak het as die klas verdaag het.

Hy was ook lief om deure oop te maak sodat kon toewaai. Het selfs my een aand laat swets toe ek iets vir vroulief moes kry in die klas hy wag toe mooi tot ek halfpad na haar tafel toe op was was toe smyt hy die bordwisser op die plakvloer neer.

Hy het verbaas gelyk toe ek direk vir hom kyk en hom uittrap op sy naam

1 thoughts on “Bo-natuurlik 7

Lewer kommentaar