Bo=natuurlik 6

Na die vermorste twee jaar van Diensplig begin ek im Kimberley by die destydse departement van pos en telekomunikasie werk in die telefoonkant en wel by vervoer in gehuurde akommodasie naamlik die Saambou gebou. Die gebou het ‘n opname spook wat elke dag omtrent 12 uur in die middelste hyserskag afgeval het kruiwa en al.

Van meer nur was die inwonende damesspook in my kamer in die losiesplek sê maar H A.

Sy het gereeld my koffiebekers gewas en bed opgemaak. InHierdie tyd het ek ver nagelees oor spoke en menings ingewin. So maak ek die fout om die predikant wat daar huisbesoek doen na sy mening te vra. Dominie V Z was glad nie beindruk met my storie nie en het onder meer gesê dat ek moet ophou bog praat. Vererg ek my en vra die meisie om vit dominie ‘n glas warer te gee te die beker (vir hom)vanself die glas volgooi en die glas so ver hy kan sien na hom aangesweef kom is hy vinniger as Fiasconaro by die kamer uit met ‘n laaste “Jy heul met die Satan” is hy weg en ek het hom nooit weer gesien nie.

Ek wonder war die kerk vandag sal sê maar ek gaan liewers nie vra nie!