Bo-natuurlik 5

Na skool is ek vir 2 jaar diensplig SAGD toe eers in Voortrekkerhoogte. Weens my krok knie is ek in die stoor gebruik waar die mediese paniere inkom en herpak word. Daar het ek my eerste nuttige spook raakgeloop. Na sy uniform kom hy uit die tweede wereldoorlog. Hy kon fisies goed hanteer en het baie gehelp as daar klomp sakke en paniere gepak moes word. Hy het die ou goed wat ons in ‘n glaskas uitgestel het gedemonstreer en vreeslik hartseer geraak as hy besef hoeveel meer effektief die nuwe goed is.

So kon ek een hele naweek by ‘n meisie gaan kuier terwyl hy die hele veldambulans op sy eie oorgepak het en ek die twee weke pas vir die harde werk gekry het.

Ek sal weer vertel van ‘n soortgelyke spook wat later gekom het

3 thoughts on “Bo-natuurlik 5

Lewer kommentaar