Bo-natuurlik 4

My ouers het huis gebou op Delportshoop en dus het ek na die hoêr/laerskool veskuif. Die dorpie is by die sameloop van die Harts- en die Vaalrivier ‘n afdraai op die R31 van Kimberley na Kuruman. Dit het oorsprongklik ontstaan as diamant-delwers dorpie. In die dorpie is baie van die ou tyd se karakters as spoke te sien en meeste is opname spoke wat na blink klippies soek. Oorkant die grootpad is ‘n motel met die naam Borrelskop {Maak jou eie afleidings…hik!} en in die ou gebou is die dors spoke elke aand sigbaar en ook ‘n paar “wasvrouens” wat die derde oudste beroep in die wereld bedryf het.

Dit is die plek waar ek my eerste spook in ‘n begraafplaas gesien het wat homself naarstigtelik probeer uitgrawe. Hy het blykbaar aan een of ander koors-siekte gely waarvan hy nas ‘n drinksessie in ‘n koma gegaan het en toe hy bykom was hy ses voet onder die grond. Ek kon met hom praar maar het hom nie oortuig om tot rus te kom nie. Hy het vas geglo as hy net sy oorskot kon uitkry hy weer sou lewe.

Ek vermoed hy het kranksinnig geraak toe hy daar onder in die kis wakker word

Wys jou nou hoe gevaarlike kombinasie drank en koorssiektes en drank was.

3 thoughts on “Bo-natuurlik 4

  1. Hierdie onderwerp fassineer my vreeslik, alhoewel ek dink ek deur ‘n muur sal hardloop as ek een ooit moet sien!

    Soms verbeel ek my ek voel spoke, maar ek dink dis net my verbeelding 😆

    Ek sien uit na jou volgende skrywes.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar