Bo natuurlik 2

So beland ek in my eerste skool. ‘n Piepklein dubbelmedium skool op die myndorpie Ulco Sub A en B was in 2 losstaande opslaan klasse. Die speelgrond was rondom en op die aanliggende klub rugbyveld en dis daar wat ek die eerste opname gees gesien het ‘n oom wat Elke Vrydag pouse langs die veld staan en beduie en vreeslik opgewonde raak en dan skielik na sy linker bo-arm gryp voor-oor vou en in ‘n hopie inmekaarsak. Die oom het glad nie rageer as jy met hom praat nie en jy kom deur hom loop sonder dat hy dit agterkom, ‘n Paar versigtige vrae het my laat agterkom dat dit oom Piet Hugo moet wees wat lang die veld dood is die dag wat sy seun die wen drie gedruk het gedurende ‘n vakansie vrydag se wedstryd.

Ek glo as mens half elf op ‘n Vrydag gaan kyk jy hom nou nog sal kan sien.

Ek dink nie dit is die oom nie maar een of ander soort opname wat oor en oor speel vir die wat kan SIEN

Enige idees?

6 thoughts on “Bo natuurlik 2

  1. Dis interessant. Die meeste mense glo dat dit die persoon self is wat op dieselfde plek, op dieselfde tyd verskyn en dieselfde gebeurtenis herbeleef. Verduidelik ‘n bietjie meer oor die opname-teorie?

    Like

    • Hulle is soos ‘n vliek hulle kan nie die werklikheid affekteer of daarby aanpas nie. Voorbeeld as die vloer gesak is lyk dir of hulle in die lug loop en as die grond opgevul is sien jy net halflyf gedaantes. Hulle kan nie materiele goed verskuif nie Tipe een sou my maatjie wees wat kon Dinky toys rondstoot en modderpaaie bou

      Het jy ‘n ander idee?

      Liked by 1 person

      • Nee, ek het nie persoonlike ondervinding nie en luister maar na wat ander sê. My skoonma sê ook dat sy hulle “sien”, maar verskaf nie juis besonderhede nie. My een seun het hulle gesien toe hy baie klein was (ek sal jou later vertel), maar hy weier vandag om ‘n woord daaroor te praat – daar is steeds sekere plekke wat hy net vermy. Andersins ondervind familielede net ‘n gevoel van van ‘n teenwoordigheid.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar