Bo- natuurlik

Ek het my weer die naweek in ‘n spook vasgeloop en net daar besluit ek wil skryf oor die goed.

Ek glo nie ek is met die helm gebore nie want ek was ‘n keisersnee baba maar ek het die vermoë om geeste {of spoke} te sien

Ek het dit hier in standerd vier agtergekom. Daar het partykeer ‘n maatjie by my in die tuin kom speel wat tog te lekker kon dorpe bou en Corgi’s in hulle rondstoot saam met my maar hy het nie ‘n skaduwee gemaak nie en partykeer kon mens die gras en bome deur hom sien. dis toe ek een aand tande tel en storie hoor van ‘n spook wat nie skaduwee maak nie en semi deursigtig is wat ek begryp het wat my maatjie is. Hy wou ook nooit huis toe kom of koeldrank en koekies hê nie en het nooit kom speel as daar ander kinders was nie.

Ek dink hy is die hoof rede hoekom ek nooit vir die goed bang geword het nie.

Kan enige van julle saamgesels

 

6 thoughts on “Bo- natuurlik

  1. Okkie, Die plek waar ek werk was ‘n ou myn gewees in Springs. Die gebou waarin vier van ons werk was die ou lykshuis. Een oggend hoor ek die deurklokkie. Gaan na die deur en maak die deur oop en daar staan twee mans. Hulle wil met my kollega praat en ek hou die deur vir hulle oop. Net een man kom in en ek vraa die man, waar is die man wat saam met jou was. Die mak kyk my so snaaks aan en vra “Watter Man?”

    Like

Lewer kommentaar