Bo natuurlik 2

So beland ek in my eerste skool. ‘n Piepklein dubbelmedium skool op die myndorpie Ulco Sub A en B was in 2 losstaande opslaan klasse. Die speelgrond was rondom en op die aanliggende klub rugbyveld en dis daar wat ek die eerste opname gees gesien het ‘n oom wat Elke Vrydag pouse langs die veld staan en beduie en vreeslik opgewonde raak en dan skielik na sy linker bo-arm gryp voor-oor vou en in ‘n hopie inmekaarsak. Die oom het glad nie rageer as jy met hom praat nie en jy kom deur hom loop sonder dat hy dit agterkom, ‘n Paar versigtige vrae het my laat agterkom dat dit oom Piet Hugo moet wees wat lang die veld dood is die dag wat sy seun die wen drie gedruk het gedurende ‘n vakansie vrydag se wedstryd.

Ek glo as mens half elf op ‘n Vrydag gaan kyk jy hom nou nog sal kan sien.

Ek dink nie dit is die oom nie maar een of ander soort opname wat oor en oor speel vir die wat kan SIEN

Enige idees?