Bestanddele
500g maer vleis maalvleis 40g / 75ml koekmeel
50ml melk 5 ml sout
2,5 ml braai speserye 2,5 ml paprika
5ml gemengde droë kruie 5ml bakpoeier
2 eiers 10ml tamatiesous
10ml sagte (MILD) of warm (HOT) chutney
125ml fyngekapte ui 10ml fyngekapte pietersielie
Metode
Voorverhit oond tot 180C en plaas oondrak in middelste posisie van die oond. Smeer een Hulett Foil Loafpan deeglik met botter, of spuit met SPRAY AND COOK. Plaas al die bestanddele in ‘n groot mengbak en roer goed tot eweredig gekombineer. Plaas die mengsel in die gesmeerde broodblik en bak vir 40 minute by 180C tot bruin.
As jy die mengsel in jou broodpannetjie gesit het, sit rou stukkies spek oor, maak sous van houertjie tomato paste, bietjie soya sous of balsamic vinegar sal ook werk, en bietjie bruinsuiker. Smeer lekker dik oor spek en bak gewoonweg soos resep se:
Njammies..gaan dit beslis maak!
LikeLike
Klink soos iets wat my klomp ruspers sal geniet – die koskaste gaan weer deurloop hierdie vakansie.
LikeLike
laat weer wat die reaksie was. Ek vat hierdie jaar af. Daar is familie wat jaat vir jaar kom saam kersfees en al bydrae wat hulle lewerr is vuil skottelgoed hulle sal vanjaar iewers anders moet gaan aas. want ek het plek bespreek vir my gesin by ‘n hotel
LikeLiked by 1 person
Goeie idee!, haha. Dis net my kinders wat hier is en hulle moet maar agter hulleself skoonmaak – ek het gelukkig nie genoeg plek vir “regte” kuiergaste nie.
LikeLike