Die koffie veldslag

Met respek vir die dooies noem ons hom maar SP

SP was die koffie en tee maker in ons sentrale gebou .  Hy het ‘n lys gehad waarvolgens hy tee of koffie moes aflewer Maar weens ouderdom en babelaas is daar vele foute begaan .Sy bekendste was koteefie, kitskoffie aangemaak met tee. Hy het hierde regte hol grafkelder hoes van die geneesde teringspasient gehad.

Een Vrydag middag het die einde toe ook aangebreek. Ria Ehlers roer haar tee om en toe sy die teelepel uithaal hang daar so romerige stuk vel oor hom. Ek het dadelik besef wat gebeur het {sien onder} maar sê toe ewe droog “haai fooi ou SP hoes regtig ekstra vandag” Ria is so groen soos Hoffe park se gras uit die kantoor uit en Maandag het on ‘n nuwe koffiemaker gehad.

Dit het Ria ‘n maand gevat om my te vergewe!!

=====================================

Wat gebeur het is te danke aan die hoë kalk-inhoud destyds in die drinkwater.As jy kraanwater daarin look vir ‘n rukke vorm dit ‘n kaklkneerlag op die wande en die boom

Ou SP het midae teeblare in die laaste 40% van die ‘urn’  gegooi en sodra hy die swart tee uitgetap het melk by ge-gooi

Die tee wat kook vorm het TANNIENSUUR gevorm wat in die krakies in die kalk gesypel het en groot vlokke daarvan laat afskilfer. Die laktiensuur in die melk het met dit verbind en vandaar jou romerige geel-wit velle

++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++

Koekies enige iemand?

 

 

 

 

7 thoughts on “Die koffie veldslag

Lewer kommentaar