Bestanddele
875ml suiker 400g hoë vet margarien
75ml stroop 5 x 250ml koekmeelblom
5 x 250ml klapper 5 x 250ml hawermout
5ml kaneel 10ml sout
5ml gemmer 5ml fyn neut
3 eiers geklits 20ml koeksoda
60ml melk
Metode
Voorverhit die oond na 180°C. Smeer bakplate. Room die suiker en smeer en voeg die stroop by. Voeg nou alle droë bestanddele behalwe koeksoda by. Voeg die eiers by. Los die koeksoda in die melk op en voeg dit ook by die mengsel. Maak okkerneutgrootte balletjies en druk dit plat op die bakplaat. Bak tot goudbruin.