Poeding
2 koppies koekmeel gesif 1 en 1/2 koppies suiker
1 koppie sterk koffie 1 koppie melk
1/2 koppie botter 2 eetlepels kakao
2 groot eiers 2 teelepels balsemiese asyn
2 teelepels bessiekonfyt 2 teelepels bakpoeier
Sous
1 koppie room 100 gram donker sjokolade
100 gram botter 2 eetlepels bruinsuiker
Oond op 180 Celsius
Metode
Poeding
Klits suiker en botter in groterige bak tot romerig en lig. Reoer eiers een een by en meng goed na elkeen. Roer konfyt, asyn en bakpoeier by en meng deeglik
In aparte houer meng meel kakao koffie en melk met handklitser. Roer suikermengsel by.
Klits als saam en gooi in 8 ramekins. Bak 30 tot 35 minute tot gaar [in een groot bak moet jy ongeveer ‘n uur bak}
Sous
Roer als bymekaar in kastrol en verhit tot kookpunt. Gooi oor peding sodra dit uit oond kom
Bedien met vla en/of roomys
==========================================================================
Wallace Simpson “You cannot be too rich or too thin”
Okkie “Daar bestaan nie so ‘n ding soos te veel sjokolade nie”