Sjokolade rumtruffels

Bestandele

100g bitter sjokolade  (of bruin sjokolade)

60 ml botter (of margerien)

12,5 ml rum (of koffielikeur of sjokoladelikeur)

2 eiergele

30 gram gemaalde amandels

30 gram Romany Cream krummels (of mariebeskuitjie of koek)

230 g versiersuiker

Drinksjokolade (nie kakao nie) om balletjies in te rol

Metode

Breek die sjokolade in blokkies en smelt saam met botter oor kookwater of 70% krag in mikrogolf todat die sjokolade geselt is (roer gereeld)

Voeg die rum en die eiergele by en meng goed

Voeg die amandels by en krummels by en meng weer goed

Sif die versiersuiker by en meng weer

Keuse 1

Skep in voorafbereide sjokolade doppies of gebruik grootbek versierbuis

Gooi gesmelte skokolade oor vir boompies

Verkoel tot nodig

Keuse 2

Laat omtrent ‘n uur op ‘n koel plek staan

Rol dan in klein bolletjies (omtent 35) en rol elke bolletjie in drinksjokolade

Verkoel tot nodig

7 thoughts on “Sjokolade rumtruffels

    • Wel ek soek darem nie meer aktief na die emmer nie. Die been jeuk net vreeslik en die velle kom in sulke handgrote stukke af. Drink nog getrou aan die derde antibioatka en kan darrem weer enige brek gaan sit sonder ‘n handoek op die lelkende eteer op te vang.

      Like

      • Dankie dit is nie so pynlik as wat dit aanhoudend is nie. Ek is nou al mooi keelvol vir die soutwater week om verbande af te kry

        *
        Okkie

        Van: vvuureoc
        Gestuur: ‎Donderdag‎, ‎08‎ ‎Januarie‎ ‎2015 ‎10‎:‎53‎ ‎NM.
        Aan: Okkie Jansen van Vuuren

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Spokie sny spoor Kanselleer antwoord