Kerrie Noedelslaai

Bestandele
1 x 500g Gaar Noedels
1 x Groot Groen Rissie fyngekap (green pepper)
1 x Groot Ui fyn gekap
250 ml Tamatie Sous
125 ml Asyn
125 ml Kook olie
200 ml Suiker
1 El Kerrie Poeier
Sout en Peper na smaak
Tobasco Sous opsioneel
Metode
Meng al die bestandele saam en gooi oor gaargekookte noedels.Voeg dan die ui en groen rissie by. Indien moontlik laat staan oornag. Jy kan enige sterkte kerrie poeier gebruik. Die suiker in die sous breek die brand van die kerrie en Tobasco. Die geure kom eers regtig tot sy reg indien dit oornag gestaan het.

4 thoughts on “Kerrie Noedelslaai

    • Het nou die dag weer kaaspoeier gaan koop en sowaar hier by die deur is ‘n NUWE produk … witsouspoeier en daarby ‘n groot pak skulpie noedels teen ongeveer halfprys. Natuurlik kon ek nie nee sê nie. Macaroni, spagetti, tagliatele en lasagne het ek al self gemaak maar ek is nie kunstig genoeg om die skulpies te probeer nie.

      Like

  1. Nee wat die pastamakery is baie makliker vir my as wat dit was on ordentelike samoosa te maak
    Die rys behoort goed saam met die kerrie te werk

    My nuutste projek is gnocchi en die eerste slag wou die hond dit nie eers hê nie 😦

    Like

Lewer kommentaar