Cappucino Tert

Bestanddele

2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies   500 ml (2 k) vars room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk      25 ml (5 t) sterk swart koffie

1 groot (100 g) Aero-sjokolade

4 groot (100 g elk) grondboon-broslekkers (peanut brittle)
125 ml (½ k) gemengde neute, grof gekap

Metode
Plaas ’n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ’n tertbak van 24 cm.
Klits die room tot styf. Voeg die karamelkondensmelk en koffie by en klits liggies tot glad.
Druk die sjokolade en broslekkers met ’n rolstok fyn.
Skep ’n laag van die karamelmengsel oor die Tennisbeskuitjies in die bak en sprinkel ’n laag sjokolade en broslekkers oor. Hou ’n paar beskuitjies eenkant en herhaal tot die koekies en vulselbestanddele op is.
Druk die orige beskuitjies fyn en sprinkel dit saam met die neute oor die tert. Plaas oornag in die yskas om te stol.

======================================================

Waarskuwing Die tert is ryk genoeg om jou gewig te laat optel as jy die resep stadig lees!!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s