Verdere spoke

Die een bibliotekaresse in Kimberley se ou biblioteek kon jy gereeld op die spiraaltrap in haar Victoriaanse drag sien en soms as jy naby genoeg was ‘n vae reukie van roosgeurige reukwater. Die gebou weord nou net vir naslaanwerke bewaring en restourasie gebruik so ek glo sy is in haar element.

In Bloemfontein het ek die voorreg gehad on die ou raadsaal te sien waar daar heelparty tenwoordig was.

Die snaakste een wat ek so op reis raakgeloop het was net anderkant Potch op die Pretoria pad. ek het gestop vir koffie n ‘n broodjie toe die man uit die veld by my aankom em hulp vra. Hy wou sy nageslag help m sy plaas te behou het hy gesê maar nie een van hulle kon hom aanvoel nie hy het my die veld in ge neem na ‘ groor swarthaak boom en ‘n klip laat skuif wat half in die stam in was en onder die kon ek die kant van ‘n ou saalsak raaksien, Ek is terug pad toe en mret die motor na die plaashuis waar ek met groot moeite en belofte van ‘n pak slae die boer so vêr kon kry o my te vergesel met graaf en halfemmer water Osn het dertig veld-ponde in die sak gekry waarvan die man na vele aandrang twee aan my kon afsmeer op belofte dat hy my nooit gesien het nie, Die volgende dorpie se boere-oorlog museum het maande lank gesoek na die onbekende wat twee veldpode ongeveer dieselfde tyd in hul bydrae bussie gegooi het