Nog ‘n spook of twee

In die ou sentrale gebou in Lennoxstraat Kimberley was daar een van die ou handsentrale operateurs wat in sy stoel inmekaar gesak het  en van die volgende skof af net aanhou werk het. Ek het hom gesien as hy middae 4 uur aan diens kom. Hy het blykbaar die gewoonte gehad om mense wat met mekaar moet praat na mekaar deur te sit sonder dat een van hulle ‘n oproep gemaak het.. Tannie Marais het vertel van die oujongnooi wat se foon gelui het en toe is dit haar Kerel van 15 jaar terug wat weens ongeluk aan geheue verlies gelei het. Snaaks na die laaste skakelbord uitgehaal is het ek nooit weer van die snaakse oproepe gehoor nie.

Ek het ook die motorfiets ryer sonder kop op die pad tussen Jan Kemp en Vryburg gesien HY kom so teen skemer by jou kar verby as jy op ‘n sekere stuk van die pad is maar jaag dan op die draai in die veld in. Volgens die mense wat daar bly wou hy ‘n bakkie vebystee en met die het ‘n sinkplaat uitgeskuif en hom onthoof. Die onwillekeurige sametrekking van sy spiere het gemaak dat hy die motorfiets vol oop versnel en kers reggop en pylreguit by jaag het tot bome en bosse in die veld die spul tot stilstand gebring het.

Dankie aan Frik vir sy vertelling