Die tekens van die tye

Lees nou die dag iewers raak dat rekenaar gebruikers nie meer deeltekens , kappies of breuke gebruik nie.

Het ‘n rukkie daaroor gedink en besluit dat dit Windows se skuld is of oorgemaklike mense

Museumstukke soos ek wat in die tyd van DOS 3.0 begin het , het nog Ansi of Askey aangeleer

hou Alt sleutel in en tik jou 3 syferkode vir die spesiale karakter

é = 130     ê = 136     ë = 137     è = 138     ö = 148     ½ = 171     ¼ = 172     ±= 241     ¾= 243

Okkie = 79 107 107 105 101

 

11 thoughts on “Die tekens van die tye

    • Dalk het die meer gekompliseerde selfone ‘n alt sleutel maar myne het net ‘n Sym knoppie links van die spasiebalk wat ‘n paar snaakse karakters bevat maar ook nie die é ê en ë wat mens meeste nodig het nie.

      Jy kan jou eie lys opstel vir enige program deur die getalle te tik van 1 tot 254 en langs elke getal die alt resultaat
      ☺ = alt en 1  ■ = alt en 254
       
      O
      Ns ek is terug na Sub A (sien Gravatar)

      Like

      • Ag toggie moeder, jy was ‘n cute Sub A’tjie. Nee hel, ek is te lui om 254 alt keys in te tik, dis hoekom ek ‘n klaar lys gebruik, komplimente van Google. Gelukkig ken ek die belangrikste karakters uit my kop.

        Like

  1. Toe ek versigtig navraag doen oor die algehele afwesigheid van hoofletters in my dogter se e-posse, was haar antwoord: “Hoofletters is vir sissies!” Maar ek dink diakritiese tekens is vir die heel dapperes onder ons 🙂

    Like

  2. Ek gaan dit nou neerskryf en plak onderaan my skerm.Gewoonlik tik ek my blog op my laptop en gaan maak dit reg op my apple I-pad,want daar hou jy net die e vas en dit gooi die kolletjies of kappies.Vir my is dit sommer slap dat mense so sleg spel en skryf uit luiheid!

    Like

Lewer kommentaar