Reunie

Die pret

(ekke met die kierie en die blokkieshemp)

DSCF0009.JPG

Die hartseer

DSCF0012

Twee duisend kilometer later en ek is weer by die huis

Van die sewentien klasmaats kon 12 by die byeenkoms wees.

Een het in 1979 verdrink. Een woon en werk in die VSA ,een kuier tans by sy kinders daar en een was onder die mes met ‘n rugprobleem.

Drie van ons onderwysers kon die verigtinge bywoon

Mnre Basson en Olivier asook MY GUNSTELING JUFFROU Gretchen Thomas

Baie onthou klets, gelag, ge-eet en uitgevind wat intussen met die ander gebeur het.

Die huidige hoof van die skool was een van ons standerd neges gewees en hy het toegang gegee tot die skool en vertel van die huidige omstandighede.

Moes maar weer vir Pa en Ma gaan groet asook al ma se familie wat ook daar begrawe is.

Oupa en Ouma Pretorius

DSCF0015.JPG

 

 

9 thoughts on “Reunie

  1. Dit is waar ek die meeste ware karakters ontmoet het
    Oom Bottie die organiseerder van die sondagskool wat se bid rekord op 14 en ‘n half minute gestaan het.
    Tant Dollie wie se breërand kerkhoede enige Meksikaan sy kop in skaamte sou laat sak.
    Mnr Moller (Fielies) die skoolhoof wat gedreig het om my kleinkinders van my streke te vertel en altyd die poerringk tafel aangeprys het tydens sportdae.
    Oom Dawie wat die enigste vrederegter was wat ek ontmoet het {tot my teleurstelling het hy nie ‘n Stetson of ‘n rollie gehad nie)

    Like

Lewer kommentaar