Name

Kalahari 51

Spreek ‘n bietjie Christo se plaasnaam uit! [dit verwys na ‘n syferwatertjie]

My oupa Jansen van Vuuren was Ockert Cornelius (ek is ook) my pa Esias Engelbertus

My oupa Pretorius was Hendrik Johannes Stephanus

Met my broer se registrasie is egter logika toegepas en die Stephanus is uitgelaat

Anders sou dit hom 5 minute geneem het om sy volle name te skryf!!

Hendrik Johannes Stephanus Jansen van Vuuren

Enige iemand na Ossewania of Kakebenia vernoem?

Advertisements

9 thoughts on “Name

  1. Ek dra, met groot trots, my Oupa aan vaderskant se doopname, A. A. le R. de Wet en toe dit tyd word om ons seuntjie te doop was daar vir ons geen beter manier om my Pa, A.J. de Wet, wat toe net 2 jare van tevore heeltemal te vroeg aan kanker oorlede is, te vereer as om Joubert na hom te vernoem nie.

    Like

    • Ek het met my seun na altwee oupas vernoem.
      Esias na my pa en Botha na skoonpa {Jeremia Botha Meyer)

      Die de Wet laat my dink aan die maklikste geld wat ek nog gemaak het. By ‘n tweedehandse boekwinkel het ek ‘n boek “Het boer en brit” deur C. R. de Wet raakgeloop vir R65,00. Die boek was voorin deur die outeur geteken en ‘n historikus het bevestig dat dit DIE de Wet was. Die hoogste bod is toeslaan op R6000,00

      Liked by 1 person

  2. Name. Gaan meestal gepaard met groot baklei. Dan die mens wie een oupa vernoem het en nooit ‘n tweede gehad het nie. Ek weet van ouma wie altyd gese het sy kon haar kleinseun beter liefgehad het (?) was dit nie dat hy na oupa aan die anderkant vernoem was nie. Elo???

    Liked by 1 person

    • Die ou mense het sulke goed gesê om te straf dat die tradisie nie gevolg is nie.

      Snaaks genoeg het die tradisiebrekers nog vreemder name gegee!! Saam met my het ‘n S W Nel diensplig gedoen.
      Sy eerste naam was S en sy tweede W.

      Dink net wat die kinders met Kate Bush sou maak as haar ouers haar Rose gedoop het!

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s