Taal irritasie

Afrikaans het in 1914 as amptelike skooltaal erkenning gekry. In 1925 het dit saam met Engels een van twee amptelike landstale geword. Die eerste amptelike Afrikaanse Bybelvertaling het in 1933 verskyn.

Ná 1994 het Afrikaans een van elf amptelike landstale geword. Tans is Afrikaans met meer as ses miljoen moedertaalsprekers die derde grootste taalgroep in Suid-Afrika naas Zulu en Xhosa.

Hoekom is dit deesdae mode om Afrikaans te verkrag. Kyk maar mooi na die onderhoude op televisie met sogenaamde bekendes. Elke sin is deurspek met engelse woorde waarvoor die gemiddelde Graad tweetjie vir jou die Afrikaanse gelyke kan gee.

Ek hou ‘n notaboekie aan waarin ek rekors van die ergstes hou EN ek koop geen kompakskywe of woon enige vertoning van hulle by nie

 

Advertisements

7 thoughts on “Taal irritasie

  1. Ek weet wat jy bedoel, dis vir my ook ‘n bron van ergenis en ek kan lekker vies raak vir myself ook as ek nie vinnig genoeg die Afrikaanse woord kan onthou nie. Dan, moet ek byvoeg, het ek ook ‘n broertjie dood aan mense wat sulke hoë Afrikaans besig met talle anglisismes (dit bly lelik, maak nie saak of die woord amptelike erkenning geniet nie). Ek hou van Vrystaat-Afrikaans, pront en reguit.

    Liked by 1 person

  2. Die aakligste is die nuwe manier om lang sinne in Engels te praat tussen die Afrikaans deur.Op ‘n sekere sepie is daar so ‘n gesinnetjie wat dit heeltyd doen.Dis amper ‘n modegier by sommige akteurs.

    Like

  3. Vrydagaand was daardie vent met die lang hare wat nou kort is, op pasela. Magtig, ek was amper naar genoeg om te kots. Die mens kon nie eers drie Afrikaanse woorde se sonder om ‘n Engelse woord tussenin te he nie. Wie probeer hulle beindruk of by wie “lay buy” hulle wang? Ag nee, sies.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s