Hoenderborsies en maaskaas

Deur Arina du Plessis

Bestanddele
Olyfolie
6-8 hoenderborsies, sonder vel of been
Sout en vars gemaalde swartpeper
45 ml pesto
Halwe houer ongegeurde roomkaas
2 x 250 g-pakke bladspek
Vars tiemie

Metode
Voorverhit die oond tot 190°C en smeer ’n oondbak met olyfolie. Sit die hoenderborsies tussen twee stukke kleefplastiek en kap elkeen liggies met ’n koekroller tot dit net-net dunner as 1 cm is. Geur aan albei kante met sout en peper en smeer ’n teelepel pesto bo-oor.

Skep ’n groot eetlepel roomkaas bo-op die pesto en rol elke hoenderborsie op sodat die roomkaas in die middel is. Draai twee stukke spek rondom elke porsie hoender. Pak die hoenderrolletjies in die gesmeerde oondbak en bedruip met olyfolie. Geur weer met ’n bietjie sout en vars gemaalde swartpeper en bak vir 20-25 minute tot deurgaar. Sprinkel tiemieblaartjies oor en sit voor. Lewer ses porsies

Liplekker Resepte 23 November 2015

 

Advertisements

3 thoughts on “Hoenderborsies en maaskaas

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s