PORTUGESE BEESVLEIS- EN UIE GEREG

Genoeg vir 4 persone

Bestanddele
½ E koljandergegeurde Willow Creek olyfolie
½ E knoffelgegeurde Willow Creek olyfolie
800 g kruisskuif, in repe gesny
2 groot uie, fyn gekap
4 tamaties, fyn gekap
1 E vars pietersielie, fyn gekap
1 bay leaf
½ kop romanesco (of gewone broccoli)
Sout en peper na smaak
15 ml braaivleisspesery
Vars koljanderblare, grof gekap
Rooipeper na smaak (opsioneel)
1 koppie witrys
½ rooipeper
½ geelpeper
½ koppie grondboontjies, fyn gekap
Nog pietersielie en koljanderblare vir garnering.

Metode:
Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die vleis daarin vir ongeveer 2 tot 3 minute aan elke kant. Voeg die uie, tamaties, pietersielie, bay leaf, sout en peper by en verhit tot dit begin prut. Verlaag die hitte, sit deksel op en laat prut vir ongeveer 20 minute. Voeg die Romanesco (broccoli) by en laat prut nog ‘n rukkie. Verwyder die deksel, draai die hitte hoër en laat vinnig kook om die oortollige vloeistof te verminder.

Bedien warm op die witrys (gemaak volgens die metode onder)
Kook die rys gaar en voeg die gekapte peppers, grondboontjies en vars koljanderblare daarby.

6 thoughts on “PORTUGESE BEESVLEIS- EN UIE GEREG

  1. Okkie – weet nie wat gaan aan. Ek probeer hierdie onder aan my nuwe stuk vir jou skryf, maar gooi hy dit aanmekaar op ander plek uit. Wit jy nie net weer ingaan by my Wyshede geskryf vandag nie? Ek het geskryf:

    Skuus Okkie, ons kommentare is bietjie deurmekaar.
    Let asb op:
    1) My kommentaar hier op jou skrywe lê verder bo-aan – lees asb.
    2) Het jy gesien Sparkle hierbo het jou gegroet? Jy kan haar gerus ook follow of teruggroet. Dankie.

    Like

    • Nou het jy my so deurmekaar soos groentesop

      Het teruggegroet dankie.

      Hoe kry ek Sparkle se bydraes in die hande?

      *
      Okkie C. Jansen van Vuuren
      Hoopstraat 14 Kuilsrivier 7580
      vvuureoc@outlook.com
      0219063652
      0761044013

      Van: vvuureoc
      Gestuur: ‎Donderdag‎, ‎12‎ ‎Februarie‎ ‎2015 ‎02‎:‎34‎ ‎NM.
      Aan: Okkie Jansen van Vuuren

      Like

      • Ok: Hoe om iemand anders/Sparkle te ‘follow’ (Se blog te lees)

        1. Gaan terug na my blog dan kliek jy op haar naam ‘sparkle’ wat regs langs haar gravatar/foto staan (Daar waar sy kommentaar gelewer het.)
        2. Haar blog sal oopmaak. Heel bo aan haar blog (op die swart streep) is ‘n opsie: ‘Following’, kliek hierop totdat daar ‘n regmerkie wys.
        3. Ek gaan sommer by baie ouens se blog so in, hou ek van hul blog, dan kliek ek die ‘following’ bo aan. Gewoonlik kom hul dan terug na jou blog toe en kliek ook op jou ‘following’. So maak jy baie vriende/lesers. Doen dit gerus, want jou blog het baie lekker resepte en glo ek meer followers moet dit kan lees.
        4. Tip: Lateraan kan jy weer die blogs ‘unfollow’ wat nie rerig in jou tipe blog belangstel nie. Jy sal gou agterkom wie wil lees en wie wil nie. Dit is amper soos visvang.

        Laat weet as jy nie regkom …

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar