WILDSVLEISHAPPIES

Genoeg vir 6 persone

Bestanddele
1 pakkie filodeeg                              100 g botter (gesmelt)
500 g wildsvleis                                2 ml swartpeper
15 ml olyfolie                                    5 ml kerriepoeier
5 ml komynpoeier                            2 ml sout
4 kardamomhuisies se saadjies      6 murgpampoentjies, in repies gesny
250 ml kookwater                            250 ml witasyn
80 ml suiker                                     5 ml mosterdsade
5 ml vinkelsade                               Sout en peper na smaak
200 ml mikroblare                          100 ml Dewfresh suurroom
5 basiliekruidblare, fyn gekap        8 grasuie, fyn gekap
6 gedroogte appelkose, (gekook in 100 ml water, 100 ml rooiwyn en 80 ml suiker)

Metode:
Marineer die wildsvleis in die olie, kerrie, komyn, en kardamom. Meng die basiliekruid en grasuie in die room en los in die yskas.

Vir die ingelegte murgpampoentjies:
Meng die water, asyn, suiker, mosterdsade en vinkel sowel as ongeveer 2 ml sout en peper saam. Gooi die murgpampoentjies in en los vir ten minste ‘n uur. Gooi die asyn/water mengsel uit voordat jy dit bedien.

Sny die filodeeg in reghoeke en smeer botter tussen elke laag. Sit 3 lae bo-op mekaar en vorm om die onderkant van ‘n kolwyntjiepan. Sit ‘n ramekinbakkie bo-op en bak teen 180 grade vir 10 minute.

Gooi die vleis nou in ‘n warm pan en braai in die botter na smaak. (mediumgaar vir ons op stel) Gooi sout oor en meng.

Om die mandjies op te stel, skep van die murgpampoentjies onder in die filodeegmandjies, gevolg deur suurroom, appelkose, vleis en mikroblare.

1 thoughts on “WILDSVLEISHAPPIES

Lewer kommentaar