Pynappel en Kaas tert

Bestanddele

1 blik “Crushed” Pynappel (dreineer goed)          1 blik kondensmelk

1 klein bottelttjie kaassmeer (ongegeur)              1 ½ koppies fyn gerasperde Cheddar of Gouda

4 eiers (geel en wit geskei)                                  3 eetlepels lemmetjie of suurlemoensap

2 eetlepels suiker

1 pak Marie of Tennis beskuitjies gekrummel en gemeng met kwart koppie gesmelte botter om kors te maak

Metode

Maak kors in in gesmeerde oondvaste tertbak

Meng eiergele, pynappel, (sonder sap) kaassmeer, kaas en kondensmelk met klitser en voeg lemmetjie of suurlemoensap laaste by

Gooi in kors en laat staan 10 minute

Klits eierwitte en suiker tot stywe punte, vorm oor ander bestanddele in bak

Bak in oond teen 180 C todat eiwerwitte goudbruin is (+- 40 minute)

================================================================

Hierdie een is uniek aan my ma

Drink die pynappel sap verkoel as beloning omdat jy die tert gemaak het

Jy kan hom ook in ‘n ringknip pan maak en en hom ‘n pynappel kaaskoek noem

Die bietjie wag is essensieel want die vulsel moet half stol voor jy bak

Advertisements

5 thoughts on “Pynappel en Kaas tert

  1. Sjoe – hierdie blog van jou is voorwaar ‘n versoeking! En na Kersfees moet ons al hierdie ekstra’s weer afskud … (Ai – sug) Wat ‘n stryd – let wel: net vir ons vrouens.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s