Ontbyt ingesluit

Toe die uwe nog gewerk het vir die Areabestuurder in Kimberley moes ek gereeld Bloemfontein toe vir vergaderings of kursusse (Vrystaat en Noord Kaap was as een streek bestuur.)

Vir die kere wat daar oornag moes word in Bloemfontein en hulle die verblyf gereel het was ek dus in hotel ingeboek.

Die grootste bederf van die hotelle was die ontbyte wat by die tarief ingesluit was.

Kom ons begin

Sterk moerkoffie

Jou eie verpersoonlikte omelet wat gemaak is terwyl jy wag uit 2 reuse eiers en gevul met die jou keuse van bestanddele

‘n Papbord met  K se Rice Crispies bruinsuiker gesnyde piesang en warm melk

Spek, gebakte tamatie, gesnyde niertjies in bruin sous, 2 snye roosterbrood met BOTTER (nie die ander geel goeters nie) vier of vyf soorte kaas en ‘n vars vrug of twee.

Dit behoort my te hou tot hoofkantoor of opleiding my uitneem vir aandete?

WIE IS DIE D$%%^& WAT MY EETLUS INTUSSEN GESTEEL HET??

5 thoughts on “Ontbyt ingesluit

Lewer kommentaar op Spokie sny spoor Kanselleer antwoord