Soutpan in die Kalahari
Lê plat op jou maag
Bestanddele Onderste Laag
125g botter
250ml (1k) bruinsuiker
397g (1 blik) kondensmelk
Knypie sout
5ml (1t) vanielje
250ml (1k) klapper
250ml (1k) hawermout
250ml (1k) sultanas
125ml (½k) muesli
50g (½ pakkie) pekanneute, gekap
625ml (2½k) pofrys (Rice Krispies)
Bestanddele Boonste Laag
30ml (2e) jogurt by kamertemperatuur
500g (2 plakke) donkersjokolade
Metode Onderste Laag
Smelt botter, suiker en kondensmelk in kastrol. Verhit tot kookpunt en kook vir 6 min terwyl dit geroer word. Verwyder van hitte. Roer sout en vanielje by. Roer goed. Roer oorblywende bestanddele by. Druk in gesmeerde, reghoekige oondbak vas.
Metode Boonste Laag
Smelt sjokolade oor dubbelkoker tot glad of in mikrogolf teen 70 ٪ krag. Roer jogurt by sjokolade en smeer oor koekies. Laat stol en sny in blokkies.
Sjoe, dis pragtige foto’s,veral die een met die soutkristalle!
LikeLike
Dit lyk net soos koraal en die diere is gek daarna.
Die oumense sê dit word so warm daar dat die duiwel van koelteboom na koelteboom hardloop.
LikeLiked by 3 people
My gunsteling koekies… nou moet jy net ‘n paar oorstuur… ek bak niks!
LikeLike