Koffie kaaskoek

Bestanddele

Kors
330 g bros beskuitjies of marie bekuitjies gekrummel
55 g botter gesmelt
30 ml koffielikeur

Vulsel
3 houers (250 of 230 g) roomkaas
1 houer mascarpone kaas
200 ml suiker
30 ml koffielikeur
10 ml koffiepoeier
3 groot eiers
60 ml koekmeel

Bolaag
250 ml donkersjokolade (cooking chocolate werk beste)
80 ml room
30 ml sterk koffie

Metode
Voorverhit oond tot 180 C en plaas pan met water onder in oond.
Smeer 22cm veerklamp pan

Kors
Meng krummels, gesmelte botter en roer likeur by.
Druk uit op boom van gesmeerde pan

Vulsel
Meng die roomkaas, mascarpone en suiker tot baie glad.
Meng die likeur en koffiepoeier en meng by
Voeg eiers en meel by en roer tot goed gemeng

Giet mengsel in voorbereide pan op die kors
Bak 40 minute. Maak oonddeur oop en laat 20 minute afkoel
Haal uit oond en laat afkoel tot kamertemperatuur
Plaas minstens 3 uur in yskas voor bolaag opkom

Bolaag
Smelt sjokolade, room en koffie in mikrogolf tot net gietbaar
Giet in sigsag patroon oor die koek

======================================================================

Maak koffie soos Marshal Grover se ‘cowboys’  goooi ‘n hoefyster in die koffiepot. As dit sink is koffie te flou. As dit dryf id die koffie reg. As dit oplos is die koffie te sterk

Advertisements

2 thoughts on “Koffie kaaskoek

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s