Gevulde tamaties

500 gram maer bees maalvleis  12 groot tamaties

1/2 koppie koowater                     1 teelepel worcestersous

2 gekapte uie                                  Sout en peper na smaak

4 eetlepels ‘hot’ blatjang              2 skywe fetakaas in 12 driehoeke gesny

1/2 beesvleis aftreksel blokkie    1 koppie gerasperde Mozarella kaas

bietjie kookolie en spuitolie         halwe teelepel gemengde kruie

Sny ‘n kwart van tamaties se bokante af hol uit en skud vloeistof uit. pak in groot genoeg oondbak wat met spuitolie gesmeer is.

Vulsel

Sorteer uie in olie tot sag. Voeg maalvleis by en sorteer tot net nie meer pienk. meng aftreksel, kookwater, worcestersous en blatjang goed. Voeg by maalvleis en laat prut op matige hitte tot vloeistof redelik weggekook het (+- 15 minute). geur met  sout en peper.

Skep tamaties half met mengsel Krummel elkeen se feta in en nog ‘n laag van vleismengsel. strooi mascarpone oor en bak todat kaas begin verbruin. Bedien dadelik

Die oorspronklike inhoud van die tamaties sout en peper en ‘n sopie vodka is die kok se beloning!

=========================================================================

As tamaties nie wil stilstaan nie kan jy onderkante gelyk sny met mes. Passop net dat die boom nie ‘n gaatjie kry nie!

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s